Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 4/15 bl. 9
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Belangstelling in die bonatuurlike
  • ‘Slagting in God se naam’
  • Die vrugte van evangelisme
  • Die betekenis van die nuus van vandag
    Ontwaak!—1990
  • Waarom hoor ons so baie van Armageddon?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Armageddon—wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Daniël se profesie—Drome wat jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 4/15 bl. 9

Insig in die nuus

Belangstelling in die bonatuurlike

“Die okkulte en die bonatuurlike is groot ondernemings”, sê ’n artikel in “U.S. News & World Report”, en mense van alle stande betaal duur om lesers, sieners en ander selfverklaarde heldersiendes te raadpleeg.” Onder diegene wat gemeld word, is astroloë, spiritistiese mediums, spiritualiste en ander van die sowat 600 000 okkultebeoefenaars in die Verenigde State wat tot R370 vir hulle advies vra. Miljoene rande word ook bestee aan tydskrifte, boeke, kassetbande en rolprente wat handel oor onderwerpe wat wissel “van astrologie tot die toorkuns”. Na raming raadpleeg 30 miljoen lesers gereeld horoskope in die koerant, en groot belangstelling word getoon in byeenkomste, lesings en vertonings wat oor spiritistiese sake handel. Dit wemel glo van toorkunsskole, en daar is selfs ’n rekenaar op die mark wat astrologiese tabelle binne sekondes lewer.

Waarom die belangstelling in die bonatuurlike? Onder die redes wat gemeld is, is: “Vrees vir die dood, persoonlike voorgevoelens en die wye dekking van die onderwerp in boeke en rolprente.” Talle mense word ook aangelok deur die “vermaaklikheidsaspek” van die okkulte of is “opregte mense vir wie die bonatuurlike ’n godsdiens of versameling kennis is wat deur die wetenskap as gegrond bewys is of sal word”.

Die Bybel neem egter baie sterk standpunt in teen enige betrokkenheid by okkultegebruike. Mense wat daarby betrokke was, is onomwonde veroordeel en uit die nasie Israel uitgeroei, “want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ’n gruwel” (Deuteronomium 18:10-12). Christene word eweneens gewaarsku om niks met spiritisme te doen te hê nie.—Galasiërs 5:19-21; Openbaring 21:8.

‘Slagting in God se naam’

“Godsdiensoorloë—slagting in die naam van God rondom die wêreld.” Onder hierdie opskrif sê Charles J. Hanley, skrywer vir Associated Press: “Moslem vs. Christen, Katoliek teen Protestant, Hindoe vs. Boeddhis—die kruis en Turkse halfmaan is weer eens onder die strydsimbole. Sektariese botsings laat die bloed vloei in Belfast se steë, Beiroet se strate, Sri Lanka se dorpslane.” Hy haal Moorhead Kennedy, uitvoerende direkteur van New York se Raad vir Internasionale Begrip, aan wat gesê het dat “godsdiens ’n onderliggende—en onderskatte—element agter baie van die wêreld se geweld is”. Kennedy het verder gesê: “Die kruistogte het nog nooit werklik opgehou nie.” Volgens Kennedy is een rede vir hierdie godsdiensslagting party se geloof in reïnkarnasie. Ander glo dat ’n marteldood “toegang tot die hemel waarborg”, terwyl ander ’n gees van militarisme ophemel.

Talle ‘onderskat’ tans wel die mate waarin sulke godsdienste verantwoordelik is vir die bloedvergieting op die aarde. Maar die Bybel toon dat die nasies binnekort genoeg daarvan sal hê en die hele wêreldryk van valse godsdiens sal aanval en vernietig. Slegs diegene wat, as aanbidders van Jehovah, sy raad gevolg het om ‘vrede te soek en dit na te jaag’, sal gered word uit die groot verdrukking wat die mensdom dan sal verswelg.—1 Petrus 3:11; Openbaring 17:1, 2, 16; 18:24.

Die vrugte van evangelisme

“Na vier eeue se doelgerigte sendingwerk deur Katolieke priesters en nonne is amper 70 000 Mexikaanse Indiane wat in die ruie Sierra Madre van suidelike Mexiko woon Christene—maar slegs in naam”, berig Kanada se “Globe and Mail”. “Hulle geestelike lewe bly ’n bedwelmende mengsel van diereoffers, toormiddels, goddelikke sampioene, opgeruimde danse, ernstige optogte en die inname van meskal, ’n kaktusdrank, en alles word verenig deur ’n mistiese, intieme band met die natuur”, voeg die berig by.

ln teenstelling hiermee leer Jehovah se Getuies in hierdie gebied, soos in alle dele van die wêreld, die mense die Bybel, die “heilige Skrifte . . . wat jou wys kan maak tot saligheid” (2 Timotheüs 3:14-17). Talle Mexikaanse Indiane laat vaar dus die bogenoemde bygelowige gebruike en gee gehoor aan die Bybel se goeie nuus.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel