Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 1/1 bl. 3-4
  • Waarom hoor ons so baie van Armageddon?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom hoor ons so baie van Armageddon?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Armageddon—Wat dit nie is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Armageddon—wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wat is die oorlog van Armageddon?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Armageddon—Wat sê party mense is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 1/1 bl. 3-4

Waarom hoor ons so baie van Armageddon?

„ARMAGEDDON”​—wat beteken hierdie Bybelse naam? ’n Reeks leersame artikels oor hierdie tema, telkens ingelei deur ’n sinvolle voorblad, verskyn in die vier nommers van Die Wagtoring vir Januarie en Februarie 1985. Ons hoop dat hierdie Skriftuurlike besprekings jou sal gerusstel met kennis van wat ARMAGEDDON werklik is.

„Weet jy, ek dink aan die aloue profete van die Ou Testament en die tekens wat Armageddon voorspel, en ek kan nie anders as om te wonder of​—of ons die geslag is wat daardie dinge gaan sien gebeur nie.”​—Ronald W. Reagan, President van die Verenigde State, 18 Oktober 1983.

„Apokalips is vandag nie bloot ’n Bybelse beskrywing nie, maar het ’n baie wesenlike moontlikheid geword. Nooit tevore in die mens se ervaring is ons op die smal randjie tussen rampspoed en oorlewing geplaas nie.”​—Javier Perez de Cuellar, sekretaris-generaal van die Verenigde Volke, 8 Junie 1982.

„ARMAGEDDON” is deesdae op almal se lippe. Hierdie onheilspellende woord word al hoe meer uit die mond van geestelikes, politici, staatsmanne, militêre generaals, wetenskaplikes en selfs ekonome gehoor. In die Verenigde State alleen verskyn die woord Armageddon in die titels van minstens 15 boeke wat gedurende 1983 in sirkulasie was. Dit het die tema van talle ander boeke geword, waarvan sommige ’n oplaag van miljoene eksemplare bereik het.

Dit lyk miskien vreemd dat hierdie woord so gewild geword het, want die eerste aangetekende gebruik van die woord Armageddon is in die Bybel​—en daar word dit net een maal gebruik (Openbaring 16:16). En tog het die geestelikes nie alleenreg op die gebruik van die woord nie. In die vorige eeu is daar begin om die woord Armageddon ook in ’n nie-Bybelse sin te gebruik. Maar dit was eers vroeg in hierdie eeu dat „Armageddon” sinoniem geword het met „’n groot slagting” of „finale stryd”.

Sedertdien het die woord Armageddon gaandeweg die woordeskat van uiteenlopende beroepe binnegedring, met elkeen wat ’n ander betekenisnuanse daaraan heg. In 1912 het Theodore Roosevelt, in sy veldtog om as president van die Verenigde State herkies te word, ’n politieke strekking aan die woord gegee. Hy het geroem: „Met onwrikbare hart en onverduisterde blik staan ons voor Armageddon en stry ons vir die Here.” Roosevelt het daardie politieke stryd om herkiesing verloor.

Vandag is dit ’n ernstige geval van wêreldbenoudheid wat Armageddon so op die voorgrond gebring het: die bedreiging van wêreldvernietiging deur kernwapens, ’n lang kernwinter weens die ontploffing van daardie skrikwekkende wapens, ’n groot oorlog in die Midde-Ooste of ’n skielike ineenstorting van die wêreldekonomie. Gevolglik duik die woord Armageddon deesdae selfs op die mees onverwagte plekke op:

♦ ’n Japannese tekenfilm met die titel „Armageddon in Kichijoji” beeld tekenfigure wat goed en kwaad voorstel in ’n stryd op lewe en dood uit.

♦ Die verwagte herverskyning van Halley se Komeet in 1986 het die Frankfurter Neue Presse beweeg om te sê dat dit „maklik weer [vir die bygelowiges] ’n voorteken van Armageddon kan wees”.

Maar geeneen van die voorgaande is die Armageddon nie. Vandag word ’n ander stem gehoor wat Armageddon verkondig​—’n stem wat in intensiteit toeneem en wat uit die mond van meer as twee en ’n halfmiljoen mense opgaan. Het jy dit gehoor? Deur na hierdie stem te luister, sal jy nie alleen leer wat Armageddon nie is nie, maar, nog belangriker, wat dit werklik is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel