Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 10/1 bl. 8-9
  • Geen toordery kan jou benadeel nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geen toordery kan jou benadeel nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Donkie praat
    My boek met Bybelverhale
  • Bileam se donkie praat
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Wat jy omtrent heksery moet weet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Spiritisme
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 10/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Geen toordery kan jou benadeel nie

IS JY soos hierdie man? Hy is bang dat iemand hom kwaad sal aandoen deur middel van toordery, die bose oog of besweringe. Moet jy sulke toordery vrees?

Nee, jy hoef nie bang te wees nie! Hoewel ander deur sulke dinge benadeel is, waarborg Jehovah God beskerming vir diegene wat hom gehoorsaam. “Die Naam van [Jehovah] is ’n sterk toring”, sê die Bybel. “Die regverdige hardloop daarin en word beskut.”—Spreuke 18:10.

God haat alle spiritistiese gebruike. Die Bybel sê: “Daar mag niemand by jou gevind word . . . wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.”—Deuteronomium 18:10, 11.

Die Bybel vertel van ’n man wat ’n vorm van spiritisme genaamd waarsêery beoefen het. Dit is die gebruik om iets omtrent die toekoms, of omtrent iets wat onbekend is, met die hulp van onsigbare geeste te wete te kom. Daardie man was Bileam, wat hier besig is om sy donkie te slaan. Hy was op pad om God se volk te vervloek toe ’n engel in die pad gaan staan het sodat sy donkie gaan lê het.—Numeri 22:7, 20-35.

Jehovah het Bileam se waarsêery nutteloos gemaak. Hy het die vloek in ’n seën verander. Bileam moes erken: “Daarom help toordery nie teen Jakob nie, en goëlery kan Israel nie skade aandoen nie.”—Numeri 23:23, Die Lewende Bybel.

Jehovah verydel nog steeds die pogings van diegene wat waarsêery beoefen. Daarom kan hulle nie persone wat aan hom getrou bly, benadeel nie. Sien jy hoedat hierdie toordokter se toordery nutteloos is teen Jehovah se Getuies? Hy het die toorkuns gebruik om mense te benadeel, maar hierdie keer het hy misluk. Jehovah se Getuies het gesê: “Julle sal sien dat Jehovah, ons God, sterker is!” Hulle het vasgestaan, en die toordokter het op die grond geval.

Ja, “die Engel van [Jehovah] trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit” (Psalm 34:8). As ons God volkome vertrou en die geestelike wapenrusting wat hy voorsien, aanhou, sal Jehovah enigiemand oorwin wat probeer om die toorkuns te gebruik om ons te benadeel.—Efesiërs 6:10-18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel