Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 8/15 bl. 32
  • Dit het hom laat glimlag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het hom laat glimlag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 8/15 bl. 32

Dit het hom laat glimlag

In ’n brief uit België het die skrywer ’n regsadviseur beskryf saam met wie hy gewerk het: “Mense sou hom, waar moontlik, vermy weens sy reputasie as iemand wat ander met vrees vervul. Daarbenewens was hy ’n ateïs en was net die woord ‘God’ genoeg om hom woedend te maak. Voordat hy afgetree het, het hierdie man Israel besoek. Ek het die geleentheid benut om die boek My boek met Bybelverhale vir hom aan te bied, en tot my verbasing het hy dit geneem.

“Dit het my die geleentheid gebied om taktvol met hom oor die Bybel te praat. Hierdie ongenaakbare man het so verander dat ander kollegas gesê het dat hulle hom skaars herken het. Die kantoor het ’n vreedsame plek geword. Almal was verbaas om te sien dat daardie man glimlag en meer bedaard optree.”

Die publikasie wat gehelp het om hierdie transformasie teweeg te bring, is My boek met Bybelverhale. Hierdie pragtig geïllustreerde boek met 256 bladsye bied die leser ’n goeie oorsig van die Bybel se inhoud. Jy kan ’n eksemplaar bekom. Vul net die bygaande koepon in en pos dit saam met ’n bydrae van R3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel