Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 9/1 bl. 26-30
  • Bly om te dien soos Jehovah wil

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bly om te dien soos Jehovah wil
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons leer om Jehovah se wil te doen
  • ’n Nuwe doel in die lewe
  • Diens gedurende die vroeë oorlogsjare
  • Opleiding vir toekomstige diens
  • Ons doen Jehovah se wil in nuwe gebiede
  • Ons gaan vreugdevol voort om God se wil te doen
  • Hoe ek geluk gevind het deur te gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Puerto Rico
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • “Dit is die weg. Wandel daarop”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Ek het gesien hoe “die geringste ’n magtige nasie” word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 9/1 bl. 26-30

Bly om te dien soos Jehovah wil

Soos vertel deur Emil H. Van Daalen

DIE hele wêreld het die gevolge van die Eerste Wêreldoorlog ondervind. Die finansiële ineenstorting van 1929 het baie selfmoord laat pleeg omdat hulle hulle spaargeld verloor het. Dit is gevolg deur algemene droogtes, verblindende stofstorms, sprinkaanplae, misoeste, minimumpryse vir vee en graan en toenemende werkloosheid. En bo dit alles het nog ’n oorlog op die horison opgedoem. Ja, ‘mense se harte het beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom’, net soos die Bybel voorspel het.—Lukas 21:26.

Ons gesin het destyds op ’n plaas in oostelike Suid-Dakota gewoon—my ouers, hulle sewe seuns en een dogter. Moeder en Vader het reeds die Eerste Wêreldoorlog beleef, ’n plaas verloor en het nou van voor af op ’n ander begin. Met soveel seuns het die vrees vir nog ’n oorlog vir hulle baie angs veroorsaak.

Ons leer om Jehovah se wil te doen

Min het ek destyds besef dat ’n sekere uitdrukking van die Bybelse psalmis ’n groot invloed op die res van my lewe sou hê. Dit was Dawid se geïnspireerde woorde: “Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen” (Psalm 40:9). Dit het alles in 1932 begin.

In daardie jaar het Edward Larson, ’n reisende verkoopman, sy speserye, seep en dies meer kom vertoon. Maar hy het iets belangrikers gehad—’n boodskap. Hy het vir ons gesê dat die kerke nie die waarheid leer nie, dat Jesus Christus as hemelse Koning heers, dat die goeie nuus van die Koninkryk verkondig moes word en dat die regverdiges ná God se oorlog te Armageddon die ewige lewe sou kry.—Openbaring 16:14, 16; 21:1-4.

My moeder in die besonder was baie beïndruk. ’n Gesin daar naby het ook be-langgestel. Weldra het drie gesinne, die Larsons inkluis, dus “die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek”.—Handelinge 17:11.

Dit was omtrent daardie tyd dat Ralph Vittum, ’n pionier (’n voltydse Koninkryksverkondiger) in ’n ou Model-T-Ford na ons huis gekom het. My ouers het hom genooi om by ons tuis te gaan terwyl hy vir die mense in die omgewing getuig het. Ons het snags tot twaalfuur of eenuur wakker gebly terwyl hy die waarheid oor die Koninkryk verduidelik en die kerke se leerstellings oor die hel, die Drie-eenheid, die onsterflikheid van die siel en ander valse leerstellings blootgelê het. Hoewel ons nie ’n formele Bybelstudie gehad het nie, het ons begin om God se voorneme vir die mensdom te verstaan, asook hoe ons God se wil kon doen. Watter verligting en vreugde het dit tog verskaf, veral aan my ouers!

Mettertyd het ons meer Getuies ontmoet. Sodoende is ons in die gemeente van Jehovah se knegte opgeneem.

’n Nuwe doel in die lewe

Dit het alles begin toe ek ’n senior leerling op hoërskool was. ln 1934 het ek in die veldbediening begin uitgaan, en twee jaar later is ek gedoop. Gedurende daardie moeilike tyd van droogte en stofstorms het ek twee weke lank in afgesonderde gebied getuig. Ons het ons eie maaltye voorberei en op die grond of in die motor geslaap, net waar ons aan die einde van die dag was. Maar ons was gelukkig, want ons het geweet dat ons Jehovah se wil doen.

Gedurende daardie besondere reis het ons ’n vrou ontmoet wat die boekie Skeiding van die mense geneem het. Toe sy dit gelees het, het sy die boodskap daarvan as die waarheid herken, ’n groot getal van hierdie boekies van die Wagtoringgenootskap bestel en hulle onder haar bure en vriende versprei. Sy het ’n baie ywerige getuie van Jehovah geword.

In Oktober 1938 het ek en my broer Arthur in die pionierdiens getree. Ons het hoofsaaklik plattelandse gebied in oostelike Suid-Dakota en westelike Minnesota gedek. Later het nog ’n bloedbroer, Homer, en broer Carrol Tompkins by ons aangesluit. Teen daardie tyd het ons ’n woonwa en twee motors gehad. Ons het gebied in Missouri, Louisiana en Iowa gedek. Terwyl ons in 1941 in Sioux City was, is ons as spesiale pioniers na Watertown, Suid-Dakota, gestuur.

Diens gedurende die vroeë oorlogsjare

Die Tweede Wêreldoorlog was aan die gang en jong manne is vir militêre diens opgeroep. Maar weens ons status as voltydse Koninkrykspredikers was dit nie vir een van ons nodig om te gaan nie. Dit hat die boere om Watertown ontstel om te sien dat vier jong manne van leerpligtige leeftyd ‘hulle tyd verkwis deur met Bybellektuur van huis tot huis te gaan’ terwyl hulle seuns in die leër was. Een Saterdagaand het ons ons Bybeltydskrifte op straat aangebied toe polisiemanne ons kom haal en na die polisiekantoor geneem het. Daar het hulle vir ons gesê dat ons die dorp binne twee weke moes verlaat anders sou ons in hegtenis geneem word. Ons het die dorp as ons toewysing van Jehovah af beskou en het dus gevoel soos die apostels gevoel het toe hulle beveel is om op te hou preek: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.”—Handelinge 5:29.

Toe ons twee weke later ons huisie verlaat om velddiens te doen, het die polisie gekom, ons in hegtenis geneem en ons in die tronk gegooi. Daardie aand het die stadsprokureur—die hoofaanstigter—ons een vir een ondervra, en die ondervraging het tot die vroeë oggendure geduur. Ons het vier dae in die tronk deurgebring. Hulle het ons van baie dinge aangekla, maar die klag wat reg tot in die staat se Appèlhof gebruik is, was dat ons verkoopbelasting van een sent moes invorder vir elke boek van 25 sent wat ons versprei het en dit aan die regering moes gee. Die Appèlhof het beslis dat so ’’n belasting weens die aard van ons werk onwettig sou wees. Jehovah het ons dus met ’n oorwinning geseën, en vandag is daar ’n florerende gemeente van Jehovah se Getuies in Watertown.

Opleiding vir toekomstige diens

Dit was nou 1942. Die oorlog het steeds gewoed, maar dit was duidelik dat nog baie werk gedoen moes word ter vervulling van Jesus se woorde: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle . . . en leer hulle.”—Mattheüs 28:19, 20.

Ek en my twee broers het uitnodigings ontvang om die eerste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead by te woon. Stel jou ons verbasing en vreugde voor! Wie was ons om so ’n groot voorreg te ontvang? Daar is vir ons gesê dat ons dalk nooit duskant Armageddon weer na ons huise sou terugkeer nie. Dit was ’n tyd van beslissing. Maar daar was slegs een antwoord: Ons was lus om Jehovah se welbehae te doen (Psalm 40:9). Daarbenewens het ons beker oorgeloop toe ons verneem het dat ons bloedbroer Leo en sy vrou Eunice ook onder die Studente sou tel. Dit het beteken dat daar ses van ons uit dieselfde familie in daardie eerste klas was.

Na wonderlike maande van onderrig het ek die voorreg gehad om saam met twee van my broers spesiale opleiding in die Bethel in Brooklyn te ontvang. Daarna is ons as kringopsieners uitgestuur. Ek het die voorreg gehad om die meeste van die gemeentes in die state Iowa en Nebraska te besoek. Eindelik het ek my sendelingtoewysing ontvang. Dit was Porto Rico, saam met my broer Leo; sy vrou Eunice en my neef Donald. Watter seën tog! Jehovah se goedertierenheid was waarlik duidelik.

Ons doen Jehovah se wil in nuwe gebiede

Ons het op 13 Maart 1944 in Porto Rico aangekom. Nou het die groot toets voorgelê. Ons het nietig en alleen gevoel in ’n bevolking van ongeveer 2 000 000. Ons vermoë om Spaans te verstaan en te praat, was so gebrekkig! Kon ons volhard? Was ons geloof stewig genoeg gegrond? Het ons waarlik geglo dat dit Jehovah se wil was dat ons daar moes wees? Die tyd sou leer.

Die tweede dag na ons aankoms het ons uitgegaan om vir ons bure in ons gebrekkige Spaans te getuig. Ons het gou van ons skugterheid ontslae geraak toe die mense groot vriendelikheid en geduld aan die dag gelê het. Ons het die twee pioniersusters wat reeds daar was en die paar geestelike broers en susters in Santurce en Arecibo ontmoet. Hulle was verheug om te verneem dat hulle hulp gaan ontvang. Ons het ’n merkwaardige hoeveelheid lektuur versprei. Ons het so baie belangstellendes gevind dat dit onmoontlik was om saam met almal wat die waarheid wou leer te studeer. In ’n brief kort na ons aankoms het ek die Wagtoringgenootskap versoek om meer sendelinge te stuur, en kort daarna het my broers Arthur en Homer by ons aangesluit. Later is baie meer sendelinge gestuur.

Ek is na verskeie stede gestuur, en dit het my die geleentheid gebied om ’n aantal individue te help om die waarheid te leer en hulself aan Jehovah toe te wy. Een ondervinding wat ek duidelik onthou, is dié van Susana Mangual, wat in haar sestigerjare was. Sy het gewoon in ’n huis wat omtrent 2,5 meter bokant die grond gestaan het. ’n Trap het na die stoep gelei. Sy was ’n strawwe roker, het reeds sleg gehoes en het lank laas van die stoep afgekom. Toe ek haar besoek het, het sy dadelik belangstelling getoon, en dit was nie lank voordat ’n Bybelstudie met haar begin is nie. Sy het vinnig in die waarheid gevorder. Op pad na ’n Christenbyeenkoms aan die anderkant van die eiland het sy besluit om op te hou rook en haar te laat doop. Nadat sy teruggekeer het huis toe, het Susana nie langer tuisgebly nie, maar was sy in die velddiens saam met die broers. Na ’n ruk het sy ’n gewone pionier geword.

Die werk in Porto Rico het steeds uitgebrei totdat dit nodig was om ’n voltydse kringopsiener te hê. Dit was skynbaar Jehovah se wil dat ek hierdie voorreg moes geniet, en nie lank daarna nie het ek die gemeentes, sendinghuise en afgesonderde groepe dwarsoor Porto Rico en die Maagde-eilande besoek. Maar omdat die werk vooruitgegaan het, sou nog ’n verandering plaasvind.

In November 1951 het ek ’n brief van die Genootskap ontvang waarin ek genooi is om die takopsiener in Kuba te word. Ek kon dit nie glo nie. Hoe kon ek die werk behartig in ’n tak wat toesig gehou het oor byna 10 000 Koninkryksverkondigers? Hoewel ek nie gedink het dat ek teen die verantwoordelikheid opgewasse is nie, was dit blykbaar Jehovah se wil, en daarom sou ek probeer.

Benewens die hulp wat ek van Jehovah ontvang het, het die vier broers in die kantoor geduldig met my saamgewerk. Ek het twee wonderlike jare daar deurgebring en honderde geestelike broers en susters leer ken. Baie het vir my besonder dierbaar geword, en ek dink dikwels aan hulle.

Nog ’n verandering sou plaasvind. Om Skriftuurlike redes het ek versoek om teruggestuur te word na Porto Rico, en die versoek is toegestaan. Nadat ek soontoe teruggekeer het, het die Genootskap my versoek om na die tak aldaar om te sien, en dit sou baie ure van harde werk beteken. Maar as dit Jehovah se wil was, was dit genoeg rede vir my om die toewysing te aanvaar. Dit was aangenaam om weer onder die sendelinge en die broers en susters in Porto Rico te wees. Na ’n ruk het ek en een van die sendelingsusters besluit dat ons Jehovah as ’n egpaar kon dien. In Maart 1959 het Bettyjane Rapp dus Bettyjane Van Daalen geword. Ons is sedertdien gelukkig getroud.

Die predikings- en onderrigtingswerk het gevorder, en Jehovah se seën daarop was duidelik. Nog ’n verandering was nietemin voor die deur.

Ons gaan vreugdevol voort om God se wil te doen

Vroeg in 1963 is ek genooi om ’n Gilead-skoolkursus van 10 maande vir takopsieners en hulle assistente by te woon. Ronald Parkin, wat in die vorige klas was, sou in my afwesigheid na die tak ontsien. Aan die einde van die kursus het Jehovah ’n ander verantwoordelikheid vir my gehad, naamlik om na die Koninkrykspredikingswerk in die Bahama-eilande om te sien.

Diens in die Bahamas was ’n wonderlike ondervinding. Ek en my vrou het gevind dat die mense daar vriendelik, godsdienstig en verdraagsaam is. Hulle is bereid om die Bybel te bespreek. Ondervindinge met die boek My boek met Bybelverhale sal die punt staaf.

Toe Jehovah se Getuies hierdie boek in hulle huis-tot-huiswerk aangebied het, het ’n ses-en-sewentigjarige suster meer as 100 eksemplare versprei terwyl sy hulppionierdiens gedoen het. ’n Afgesonderde suster op ’n afgeleë eiland het 60 eksemplare ontvang en hulle verspei voordat die maand om was. Ja, die mense van die Bahama-eilande het groot agting vir die Bybel.

Gedurende die 18 jaar dat ek en my vrou in die Bahama-eilande was, het die Koninkrykswerk goeie vordering gemaak as gevolg van ons hemelse Vader se seën. Jehovah se Getuies is goed bekend op die eilande, en talle voortreflike broers en susters doen hulle bes om na die nederige “skape” te soek terwyl daar nog tyd is.

Noudat ons in Florida in die voltydse predikingswerk dien, kan ons terugkyk na talle gelukkige jare waartydens ons God op die Karibiese eilande geloof het. Ons het gevind dat ’n mens altyd ryke seëninge ontvang as jy op die leiding van God se gees reageer. Die grootste geluk—ware genot—word inderdaad gesmaak as ’n mens dien soos Jehovah wil.

[Kaart op bladsy 29]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Florida

ATLANTIESE OSEAAN

Bahama-eilande

Porto Rico

Maagde-eilande

KARIBIESE SEE

Kuba

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel