Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 7/1 bl. 3-4
  • Die swart perd—Hongersnood

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die swart perd—Hongersnood
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Die vier perderuiters—Wie is hulle?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Die ruiters van Openbaring—Hoe hulle tog jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hongersnood—Wat beteken dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Vier perderuiters aan die galop!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 7/1 bl. 3-4

Die swart perd—Hongersnood

“KYK, daar was ’n swart perd; en hy wat daarop sit, het ’n skaal in sy hand. En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ’n Rantsoen koring vir ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.”—Openbaring 6:5, 6.

Dit is met hierdie onheilspellende woorde dat die apostel Johannes die derde van die vier ruiters van Openbaring beskryf, die een op die swart perd wat hongersnood voorstel.a Het jy al ooit gewonder wanneer sy wilde rit plaasvind? Jy behoort. Dit kondig die grootste verandering aan wat hierdie wêreld ooit gaan sien.

Party meen dat hierdie ruiter nog altyd onder die mensdom ry. En dit is waar dat die geskiedenis vol verslae van hongersnode is—reg van die dae van Abraham en Josef af tot die grootste aangetekende hongersnood van alle tye, die een wat China tussen 1878 en 1879 getref het (Genesis 12:10; 41:54). Ramings van die getal Chinese wat in daardie hongersnood omgekom het, wissel van 9 tot 13 miljoen.

Maar die swart perd en sy ruiter hou nie verband met al die voedseltekorte in die geskiedenis nie. Waarom nie? Omdat Johannes in sy gesig gesien het hoedat die swart perd voorafgegaan word deur die rooi perd wat oorlog voorstel, sowel as ’n bekroonde ruiter op ’n wit perd. Hierdie ruiter is Jesus Christus, wat pas aangestel is as Koning en uitgaan “as ’n oorwinnaar en om te oorwin” (Openbaring 6:1, 2). Die galoppende swart perd en sy ruiter stel dus voedselskaartes voor wat die aarde teister nadat Jesus as die Koning van God se Koninkryk aangestel is.

Die gesig van die ruiters van Openbaring kom ooreen met ’n profesie wat Jesus self gegee het. By een geleentheid het hy die toestande op aarde wat sy teenwoordigheid as onsigbare hemelse Koning sou kenmerk breedvoerig beskryf. Daardie profesie het ten dele gelui: “Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.”—Mattheüs 24:3, 7.

Wanneer is hierdie teken vervul? Wanneer in die besonder trek die swart perd deur die aarde? Jehovah se Getuies verkondig al baie jare lank dat dit die geslag is wat die jaar 1914 gesien het wat die gevolge van die ruiter se teenwoordigheid waargeneem het. Is hulle begrip korrek?

‘Natuurlik nie’, sê party. ‘Danksy moderne landboumetodes produseer die aarde baie meer voedsel as ooit tevore. Daar is agentskappe wat aan die Verenigde Volke verbonde is, soos die V.L.O. (Voedsel-en-Landbou-Organisasie), wat probeer sorg dat almal genoeg kos het. Daarbenewens het lewenstandaarde in party gebiede verbasend verbeter. Nasies soos Engeland, waar hongersnood altyd algemeen voorgekom het, sien nou selde voedseltekorte. Baie lande geniet vandag die hoogste lewenstandaard in hulle geskiedenis. Hoe kan ons sê dat hierdie geslag meer as alle ander ly weens die gevolge van die swart perd, hongersnood?’

Dit is ’n interessante vraag. Die mensdom het weliswaar deur die hele geskiedenis heen voedseltekorte ondervind. Die apostel Johannes sowel as Jesus het dit geweet. Hulle het nogtans ’n tyd voorspel wanneer hongersnood die aarde op ’n opmerklike wyse sou teister. In watter opsig sou hierdie voedseltekorte opmerklik wees? En bestaan daar, met die oog op die materiële voorspoed van ’n groot deel van die hedendaagse wêreld, enige rede om te glo dat die geslag wat nou lewe voedseltekorte ondervind?

[Voetnoot]

a Kyk asseblief ons nommer vir 1 Augustus 1983 vir ’n bespreking van al vier ruiters en hulle profetiese betekenis.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel