‘Dit dring deur tot kinders se harte’
Sal jy iets waardeer wat dit doen? ’n Brief uit Engeland verduidelik:
“Ek wil net vir julle sê dat die pienk boek Luister na die Groot Onderwyser werklik daarin slaag om tot jong kinders se harte deur te dring. My dogter lees voortdurend die Groot Onderwyser-boek en my seun Paul lees dikwels syne.
“Ek moet julle en julle personeel gelukwens met die wyse waarop die boek geskryf is. My twee kinders, Paul en Dawn Caroline, onderskeidelik 11 en 9 1⁄2 jaar oud, is waarlik ingenome met hulle boeke. Dit vergemaklik ook my taak, daar ons gesin ’n enkelouergesin is, omdat die boeke hulle op die reguit paaie lei.”
Jy kan hierdie hulp by kinderopleiding kry bloot deur die bygaande koepon in te vul en dit saam met 90 sent in te stuur.
Stuur asseblief die gebonde boek met 192 bladsye, Luister na die Groot Onderwyser, posvry aan my. Ek sluit 90c in.