Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 6/1 bl. 3
  • Is jy die slagoffer van bedrog?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy die slagoffer van bedrog?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
  • Wat is God se naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Die allergrootste naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Eer Jehovah se groot naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 6/1 bl. 3

Is jy die slagoffer van bedrog?

Jesus het ’n naam. Het sy Vader dan nie een nie?

MILJOENE der miljoene mense dwarsoor die wêreld staan vandag baie skepties teenoor godsdiens. Maar hulle sal dalk verbaas wees om te verneem dat God self ontevrede is met die meeste gelowe. Een van die talle redes hiervoor is dat die sogenaamde Christelike kerke een van die grootste bedrieërye in die geskiedenis gepleeg het. Hierdie bedrog staan in verband met ’n fundamentele openbaring—die identiteit van God.

Die meeste mense in die Christendom se kerke ken die Skepper as “God”, “Here”, “die Almagtige” of by ’n soortgelyke benaming. Maar is die Allerhoogste naamloos? Voordat hierdie almagtige God die Israeliete uit slawerny in Egipte verlos het, het hy bekend gemaak dat dit sy voorneme was om sy “Naam op die hele aarde [te laat] verkondig” (Exodus 9:16). Hy het dus beslis ’n naam. En dit was inderdaad nie ’n naamlose God wie se teenwoordigheid ’n wonderlike skouspel op die berg Sinai (op ons voorblad) veroorsaak het deur die berg te laat bewe toe die Tien Gebooie deur middel van die profeet Moses gegee is nie. Die Israeliete is destyds onder meer meegedeel: “Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie” (Exodus 19:16-20:18). Sal ’n naamlose God so ’n gebod gee?

Erkende Christene behoort daardie Goddelike Naam te ken. Hulle gebruik nou wel die naam van God se Seun. Maar hulle uiter selde indien ooit die persoonlike naam van die Vader. Tog het Jesus Christus, toe hy op aarde was, in gebed tot sy hemelse Vader gesê: “Ek het u Naam aan [my volgelinge] bekend gemaak en sal dit bekend maak.”—Johannes 17:26.

Uit die voorgaande en uit Jesus se Modelgebed blyk dit duidelik dat God wel ’n naam het. Jesus het sy volgelinge selfs geleer om te bid dat die hemelse Vader se naam “geheilig” moet word! (Mattheüs 6:9). Waarom word dit dan nie in die kerke van die Christendom gebruik nie? En waarom verskyn daardie naam nie in die meeste hedendaagse vertalings van die Bybel nie?

[Prent op bladsy 3]

VADER

DIE ALMAGTIGE

ALLERHOOGSTE

HERE

GOD

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel