Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 5/15 bl. 32
  • Dit het wondere verrig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het wondere verrig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 5/15 bl. 32

Dit het wondere verrig

’n Nege-en-twintigjarige vrou het geskryf: “Ek het nie kinders nie, maar my suster het twee jong seuns. Omdat sy ’n ateïs is het ek nie gedink dat sy My boek met Bybelverhale sou aanvaar nie, maar sy het dit baie teësinnig gedoen. Ek het probeer om met haar te redeneer oor die bestaan van God, maar tevergeefs. ’n Paar weke nadat ek vir haar die Bybelverhale-boek gegee het, het sy my gebel en gesê dat sy dit van voor tot agter gelees het.”

Wat was die gevolg? “Sy aanvaar nou ons Bybellektuur”, vertel haar suster. “Hierdie pragtige boek het wondere verrig sodat ek nou meer hoop het dat sy ook eendag ons hemelse Vader sal liefhê.”

My boek met Bybelverhale het miljoene mense gehelp om ’n groter waardering vir God se Woord te verkry. Dit bevat 116 Bybelverhale wat die leser ’n idee van die Bybel se inhoud gee. Die boek is in groot druk geskryf en het meer as 125 prente, waarvan die meeste pragtige kleurprente is. Jy kan hierdie waardevolle boek met 256 bladsye ontvang deur die koepon hieronder in te vul en te pos.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel