Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 3/1 bl. 31
  • Vuurwapens nie altyd ’n beskerming nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vuurwapens nie altyd ’n beskerming nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 3/1 bl. 31

Vuurwapens nie altyd ’n beskerming nie

Die moord op musikant John Lennon in Desember 1980 het gelei tot baie kommentaar in die pers oor wapenbeheer. ’n Here paar het egter geredeneer dat ons nie meer wette op wapenbeheer nodig het nie, maar minder. Een New Yorkse koerantkommentator het gesê: “Dit spreek vanself dat as ’n groot persentasie van ons hulle versteek sou dra, dit ongetwyfeld ons aanranders sou afskrik.”

Beskerm dit ’n mens werklik teen gevaar as jy ’n wapen besit? Daardie selfde dag het dieselfde koerant ’n opskrif bevat: “Vuurwapen kon hom nie red nie.” Uit ’n agtervertrek van ’n diensstasie in die Bronx het die bestuurder gesien hoe twee tienderjarige rowers sy seun by die kasregister beroof. Hy het in die kantoor ingehardloop met ’n pistool in sy hand. “Voordat hy ’n skoot kon vuur, het drie koeëls sy hart deurboor.”

Dit is ’n treffende vervulling van Jesus se woorde op die nag toe hy in hegtenis geneem is: “Almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.” Enigiemand wat op vleeslike wapens staatmaak vir beskerming, kan diep teleurgestel word.—Mattheüs 26:52.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel