Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 1/15 bl. 3
  • Hoe sal die wêreld môre daar uitsien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe sal die wêreld môre daar uitsien?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal jy ooit in ’n gelukkige wêreld lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • 2000—’n Betekenisvolle jaar?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Die jaar 2000—Sal rekenaarineenstortings jou raak?
    Ontwaak!—1999
  • Hoe betekenisvol is die jaar 2000?
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 1/15 bl. 3

Hoe sal die wêreld môre daar uitsien?

WAT is op die horison? ’n Ander wêreld.

Dit is die kern van voorspellings wat gemaak is deur Amerikaanse regeringsagentskappe in “The Global 2000 Report to the President”. Deel Een, wat voorberei is deur die Raad op Omgewingsgehalte en die Departement van Buitelandse Sake, sê: “Die wêreld in die jaar 2000 sal in belangrike opsigte verskil van die wêreld van vandag.” In watter opsigte?

Die verslag voorspel onder meer:

• “Daar sal meer mense wees. Vir elke twee persone op aarde in 1975 sal daar in 2000 drie wees.”

• “Die kloof tussen die rykstes en die armstes sal groter wees.”

• “Daar sal minder hulpbronne beskikbaar wees.”

• “Die omgewing sal belangrike lewensonderhoudende vermoëns verloor het.”

• “Pryse sal hoër wees.”

• “Die wêreld sal kwesbaarder wees vir natuurrampe sowel as ontwrigting wat deur mense veroorsaak word.”

• “Laastens, daar moet beklemtoon word dat indien die openbare beleid merendeels onveranderd bly, die wêreld anders sal wees as gevolg van verlore geleenthede.”

Jy sal ongetwyfeld saamstem dat hierdie vooruitsigte nie aangenaam is nie. Dit bied beslis nie ’n grondslag vir groot geluk nie.

Tog spoor die Skrif ons aan om bly te wees, want dit sê: “Verbly julle, o nasies, saam met sy volk.” (Romeine 15:10; vergelyk Deuteronomium 32:43.) Hierdie woorde slaan op persone wat God aanbid op ’n wyse wat vir hom aanneemlik is. Hulle doen dit “in gees en waarheid” (Johannes 4:23, 24). Maar het jy werklik enige rede om te dink dat jy ooit in ’n gelukkige wêreld sal lewe, aangesien ons nou met so baie probleme te kampe het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel