Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 1/1 bl. 32
  • “’n Uitstekende kunswerk”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Uitstekende kunswerk”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 1/1 bl. 32

“’n Uitstekende kunswerk”

Dit is wat die tydskrif Dimanche, journal de l’ile de la Réunion in sy weeklikse internasionale nummer van 23 tot 29 Julie 1981 van My boek met Bybelverhale gesê het. Die artikel het onder meer verduidelik:

“Ons wil uit die staanspoor sê: al word hierdie boek deur Jehovah se Getuies verkoop, handel dit nie oor die godsdiensbeskouing van hierdie gemeente nie. Dit is bloot wat die naam aandui, ’n versameling Bybelverhale. Niks meer nie!

“Talle Katolieke priesters gebruik dit vir godsdiensonderrig. Dit is voldoende om ’n einde aan enige stryd te maak.

“Die doel van die boek is om geskiedenis te leer soos dit in die Bybel aangetref word, en dit is geskryf met jongmense in gedagte. Die gekose metodes is uitstekend aangepas wat betref: ’n kort teks, in duidelik afgebakende hoofstukke, en kinders ouer as agt kan dit maklik verstaan. Die eenvoudige illustrasies van hoë gehalte, tesame met moderne onderrigtegnieke, help ’n mens om die teks maklik te onthou en te verstaan. Die versameling verhale is mooi gebind (amper luuks), nie te dik om kinders af te skrik nie, en dit is eenvoudig fassinerend. Ek het dit met my dogter op die proef gestel. Dit werk . . . en sy vra daarna vrae. Dit is die moeite werd om dit te besit selfs net om die antieke geskiedenis te verstaan, ongeag jou godsdiensagtergrond.

“Die boek kos slegs 15 frank, en dit op sigself is ’n aangename verrassing. As dit dus vir jou aangebied word, kan jy dit met vertroue aanvaar. Trouens, daar is nie ’n onbeperkte voorraad van hierdie merkwaardige werk nie, en eksemplare word vinnig opgeraap.”

As jy ’n eksemplaar van My boek met Bybelverhale wil ontvang, moet jy net die koepon invul en pos.

Stuur asseblief die gebonde boek met 256 bladsye, My boek met Bybelverhale, posvry aan my. Ek sluit R3,00 in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel