Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 1/1 bl. 15
  • Wil kinders reëls hê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wil kinders reëls hê?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom is daar soveel reëls?
    Ontwaak!—2006
  • Waarom is daar soveel reëls?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Is huisreëls regtig nodig?
    Jongmense vra
  • Ouers—Lei julle kinders op met liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 1/1 bl. 15

Wil kinders reëls hê?

“ONGEAG hoe volwasse’n kind op die oog af lyk”, sê dr. Harry Mendelsohn, direkteur van gesinsterapie aan New York se Montefiore-Hospitaal en die se Mediese Sentrum, “hy is steeds ’n kind.” En reëls is nodig. Hy verduidelik: “’n Ouer moet hulle onder hande neem. ’n Gesin is nie ’n demokrasie nie, alhoewel elke kind aangespoor moet word om voorstelle te doen. Maar alle besluite moet eindelik deur die ouers geneem word. Reëls moet neergelê word, hulle moet duidelik wees en keer op keer herhaal word. Dit moenie kinders se verantwoordelikheid wees om hulle eie reëls te maak nie.”—New York se Daily News, 13 September 1981.

“Kinders is geweldige bedrieërs”, sê die administrateur van ’n jeugsentrum. “Hulle sê dat hulle nie reëls wil hê nie, maar as jy deur die skyn dring, sal jy iets heeltemal anders vind. Die kern van die saak is dat hulle redelike reëls as ’n blyk van liefde beskou.”

Stem kinders saam? Hier is ’n paar van die dinge wat hulle sê in ’n stel “Reëls vir ouers deur seuns in ’n verbeteringsgestig”:

“Vat ons ’n bietjie vas. Wees streng en konsekwent wanneer julle ons dissiplineer. Wys vir ons wie is baas. Dit gee ons ’n gevoel van veiligheid as ons weet dat ons sterk steun het.

“Steek ’n kers aan; wys vir ons die pad. Sê vir ons God is nie dood, aan die slaap of met vakansie nie. Ons het ’n behoefte aan geloof in iets groter en sterker as onsself.

“As julle ons betrap waar ons lieg, steel of wreed is, moet julle vir ons sê waarom ons daad verkeerd is. Straf ons as ons dit nodig het, maar laat ons verstaan dat julle ons steeds liefhet.

“Ontmasker ons. Moenie slap wees nie en moenie geïntimideer word deur ons dreigemente om by die skool uit te sak of van die huis af weg te loop nie. Wees onversetlik. Kinders wil nie werklik alles hê waarvoor hulle vra nie.”

Al hierdie dinge word goed uitgedruk in ’n kort verklaring deur die wysste van alle ouers, die grootste administrateur van kinderwelsynswerk, Jehovah God. In sy geïnspireerde Woord, die Bybel, staan daar geskryf: “Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here” (Efesiërs 6:4). Die Skepper begryp nie alleen wat kinders wil hê nie, maar ook wat ouers nodig het. Skenk dus aandag aan die nuttige gedagtes in die volgende twee artikels, hetsy jy ’n jong persoon of ’n ouer is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel