Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 11/15 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Respekteer “wat God . . . onder een juk saamgevoeg het”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Jou beskouing van seks—Maak dit saak?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Wanneer die huwelik dreig om te verbrokkel
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Waarom moet ons die huwelik as heilig beskou?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 11/15 bl. 30

Vrae van lesers

♦ Gestel ’n getroue Christin se man het van haar geskei hoewel nie een van hulle owerspel gepleeg het nie. Sal dit dan vir haar Skriftuurlik geoorloof wees om die huweliksbed met hom te deel wanneer hy die gesin besoek?

God se Woord toon duidelik dat geslagsomgang tussen ’n man en sy vrou geoorloof is, maar nie tussen ongetroude persone nie. ’n Geskeide paar moet dus nie geslagsomgang met mekaar hê nie, want dit sal neerkom op hoerery, hoewel dit hulle nie die reg sal gee om weer te trou nie.

Christene stel begryplikerwyse hoofsaaklik in God se beskouing en bevele belang. Sy Woord sê spesifiek: “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel” (Hebreërs 13:4). Kom ons kyk watter betrekking dit het op die situasie wat in die vraag geskets is.

In baie dele van die aarde is dit algemeen vir ’n man en ’n vrou om geslagsomgang te hê al is hulle nie getroud nie. Party beweer dat dit moreel gepas en vir God aanneemlik is mits die twee “verlief” is of ’n vaste verhouding het. Dit is egter nie die Christelike beskouing nie. Omdat Christene besef dat ‘God hoereerders en egbrekers sal oordeel’, wil hulle egbreuk sowel as hoerery vermy.

Wanneer ’n man en ’n vrou trou, bewys hulle voor almal dat hulle as man en vrou verenig is. ln die oë van die wet, die gemeenskap en God het hulle ’n reg om die huweliksvoorregte, geslagsomgang inkluis, te geniet. Trouens, die Skrif spoor huweliksmaats aan om nie die huweliksplig van mekaar te weerhou nie: “Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man.”—1 Korinthiërs 7:3, NTP.

Maar gestel ’n egpaar kry net ’n geregtelike skeiding, iets wat in party lande moontlik is. Aangesien hulle nog steeds wetlik en Skriftuurlik man en vrou is, mag hulle nie geslagsomgang met enigiemand anders hê nie, want dit sou egbreuk wees wat ‘hulle huweliksbed besmet’. Maar ’n paar wat geregtelik geskei is, kan weer vrede maak en saamwoon as die egpaar wat hulle inderdaad nog is, nadat hulle hulle skeiding wetlik gekanselleer het.—1 Korinthiërs 7:10, 11.

Beskou vervolgens die situasie wanneer een huweliksmaat, byvoorbeeld die man, sake verder as ’n geregtelike skeiding voer en ’n egskeiding verkry. ’n Getroue Christin wat later uitvind dat hy (voor of na die egskeiding) ontrou aan haar was, kan weer trou en haar vorige huwelik as nietig beskou—wetlik sowel as in die oë van Jehovah God. As daar andersyds ’n wetlike egskeiding was, maar geen owerspel nie, sal die egskeiding op sigself nie in God se oë ’n einde aan die huwelik maak nie, want die Bybel toon dat onsedelikheid deur ’n mens se huweliksmaat die enigste geldige grondslag vir ’n egskeiding is.—Mattheüs 19:6, 9.

Dit is die situasie in die betrokke geval, want daar is spesifiek gesê dat nie een van die twee onsedelik was nie. Die man het sy vrou verlaat en ’n onskriftuurlike egskeiding verkry. As gevolg van daardie egskeiding is hulle nie langer man en vrou in die volle sin nie, want hy het die huwelik wetlik beëindig. Gestel nou dat hy die gesin besoek en sy of haar geslagsbehoeftes wil bevredig. Wat dan? As hulle geslagsomgang sou hê, sou dit, wetlik en in die oë van die gemeenskap, wesenlik dieselfde wees as twee ongetroude persone wat geslagsomgang het; dit sal neerkom op hoerery.

ln daardie situasie is daar geen derde party betrokke nie, iets wat nodig sou wees om ’n wetlike egskeiding Skriftuurlik te maak. ln God se oë mag nòg die man nòg die vrou met iemand anders trou (1 Korinthiërs 6:16-18). Maar indien hulle geslagsomgang met mekaar sou hê, sou hulle beslis God se raad veronagsaam; hulle sal die huweliksbed in ’n sekere mate besmet aangesien hulle wetlike huwelik met die egskeiding geëindig het. Hierdie optrede sal hulle en die Christengemeente waarvan die vrou ’n deel is, smaad aandoen. As sy dus in die gemeente wil bly, moet sy geslagsomgang vermy tensy die huwelik weer gewettig word. Sy moet haar hou by die Skriftuurlike en moreel regte standpunt dat geslagsomgang beperk moet word tot mense wat wettig met mekaar getroud is. Sy sal aldus bydra tot die waardigheid wat die Bybel toon die huwelik verdien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel