’n Nuttige handleiding vir jongmense
JOU JEUG—Hoe om dit ten beste te benut
Die boek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut het gedurende die afgelope ses jaar ’n geweldige verspreiding van meer as 18 000 000 eksemplare gehad. Waarom? Die kommentaar van een leser daarvan gee jou ’n idee. Hy het geskryf:
“Dit is vir die meeste van ons duidelik dat jongmense met baie versoekings te kampe het en voor moeilike besluite te staan kom. Ouers is dikwels ook baie verward oor hulle rol en het ’n bron van informasie nodig om hulle te lei. Ek het so pas ’n boek met baie, goeie raad vir mense van alle gelowe gelees. Dit is Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut, en word deur Jehovah se Getuies uitgegee. . . . Ek maak nie reklame vir daardie geloof in sy geheel nie, maar wanneer hulle iets goeds aanbied, meen ek dat ’n mens verstandig is as jy dit benut.” Jy kan hierdie nuttige handleiding, Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut, kry deur die koepon hieronder in te vul en te pos.