Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w83 3/1 bl. 29
  • Omdat “Ja” ja beteken het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Omdat “Ja” ja beteken het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Soortgelyke materiaal
  • “Uit die mond van kinders”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
w83 3/1 bl. 29

Omdat “Ja” ja beteken het

Toe Jesus Christus mense eenkeer aangespoor het om die waarheid te praat, het hy gesê: “Laat julle woord wees: Ja ja” (Mattheüs 5:37). Deur hierdie raad te volg en deur wakker te wees vir geleenthede om die Bybel se boodskap aan ander te verkondig, kan Christene baie lonende ondervindinge hê. Dit word toegelig deur die volgende verslag uit ’n Oos-Europese land:

Terwyl een van Jehovah se Getuies ’n paar vertrekke vir ’n sekere vrou geverf het, het hy oor Jehovah God, Sy wonderlike toekomsvoorneme vir die mensdom en ander Skriftuurlike onderwerpe gepraat. Maar die Getuie kon nie daarin slaag om reëlings vir ’n herbesoek te tref nie en het gewonder wat die vrou verhinder het, aangesien hy haar as ’n goedaardige en beskeie persoon geken het.

Die Getuie vertel: “Nadat ek my taak afgehandel het, het sy my betaal en gevra of ek haar kon help om die meubels terug te skuif, aangesien sy niemand gehad het om haar te help nie. Ek het beloof om ongeveer 9 nm. terug te kom om haar te help.” Hy het daardie aand teruggekeer en nog een van Jehovah se Getuies saamgebring om hom te help. Dit het slegs tien minute geduur om die meubels terug te skuif. Toe het hulle kortliks met die vrou oor God se koninkryk en die seëninge daarvan gepraat en vertrek.

Twee jaar later het hierdie vrou die Getuie weer gevra om haar vertrekke te verf. Terwyl hy haar naam en adres neergeskryf het, het hy vir haar gevra of sy al nagedink het oor die Bybelse dinge wat hy met haar bespreek het. Sy het geantwoord: “Ja, en ek is intussen gedoop.” Op sy vraag oor hoe dit gebeur het, het sy geantwoord:

“Jy het vir my mooi dinge uit die Bybel vertel, en ek het gehou van wat jy gesê het. Ek het dit egter nie ernstig opgeneem nie. Maar toe jy beloof het om die meubels terug te skuif, het ek gedink: As hierdie man sy woord hou, is hy waarlik ’n kneg van God. Toe jy terugkeer, en selfs ’n helper saambring, en nie eens geld daarvoor wou aanvaar nie, het ek my voorgeneem om die Bybel ernstig te bestudeer. Twee of drie dae later is ek mark toe. Daar het ek ’n getuie van Jehovah raakgeloop wat reeds verskeie kere met my oor die Bybel gepraat het. . . . ’n Rukkie later het daardie vrou ’n Bybelstudie met my begin hou, en agt maande daarna is ek gedoop.”

Dit is wat daartoe gelei het dat hierdie vrou haar laat doop het om haar toewyding aan God te simboliseer. Sy is nou ook een van Jehovah se Getuies. Net omdat ’n Christen sy woord gehou het. Sy “Ja” het ja beteken.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel