Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 10/15 bl. 26
  • Haar geloof was onwankelbaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Haar geloof was onwankelbaar
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • 1 Kry ondersteuning
    Ontwaak!—2012
  • Nie towenaars óf gode nie
    Ontwaak!—1994
  • “Ek het die geloof behou”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Jongmense met “krag wat die normale te bowe gaan”
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 10/15 bl. 26

Haar geloof was onwankelbaar

Twee jaar lank het veertienjarige Renata van Brasilië aan beenkanker in haar linkerknie gely. Afsetting en kobaltbehandeling het haar lewe net effens verleng. Renata se Christelike gewete het haar nie toegelaat om ’n bloedoortapping te aanvaar nie, ondanks ’n dokter se aandrang daarop dat sy een moet hê. Voordat Renata die laaste keer in die hospitaal opgeneem is, het ’n dokter en ’n verpleegster haar tuis besoek.

“Ek sal instem om terug te keer hospitaal toe as dr. —— beloof om nie weer van bloedoortappings te praat nie. Ek is moeg om daardie beswaar die hoof te bied” het Renata gesê.

Die dokter het ingestem en bygevoeg dat Renata se geloof onwankelbaar was al was sy sterwend.

Gedurende die laaste agt maande was die pyn so hewig dat Renata nie kon lê nie. Toe die tyd vir ’n byeenkoms van Jehovah se Getuies aangebreek het, het sy gehuil en gesê: “As ek maar net met almal kon praat, sou ek vir hulle gesê het: ‘Gebruik

Julle bene soveel moontlik. More sal julle dalk nie kan loop en vir Jehovah kan werk nie. Moenie julle byeenkomste mis nie!’”

Renata het voortdurend gebid. Eendag het haar moeder gehoor hoe sy bid: “Jehovah, ek weet dat ek nooit weer gesond sal word nie. Die dokters kan my nie gesond maak nie, maar U kan. Ek weet egter dat die tyd daarvoor nog nie aangebreek het nie; dit sal eers in die Nuwe Orde gebeur. Maar moet asseblief nie dat ek meer opswel nie: anders sal Mammie my nie meer badkamer toe kan dra nie.” Wanneer ander, haar moeder inkluis, in Renata se teenwoordigheid gehuil het, het sy hulle aangespoor om sterk geloof te hê. Haar moeder skryf: “Maar ek onthou hoedat ’n verpleegster eendag na die afsetting vir Renata gesê het: ‘Hoe kon jy so opgewek op die operasietafel wees? Dis goed dat jy ’n kunsbeen gaan kry, nie waar nie?’ Renata het geantwoord: ‘Nee, ek verwag om een van vlees en bloed te hê wat Jehovah God vir my in die Nuwe Orde sal gee.’”

[Lokteks op bladsy 26]

Toe Renata nie meer die hospitaal kon verlaat nie, het sy gesê: “Moenie julle byeenkomste mis nie!”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel