Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 9/1 bl. 32
  • Dit kan jou lewe verander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit kan jou lewe verander
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 9/1 bl. 32

Dit kan jou lewe verander

Daar is ’n boek wat die lewens van talle jongmense verander het. Eendag het ’n meisie hierdie boek skool toe geneem om tydens haar vry periodes te lees. Een van haar klasmaats het die boek uit haar hand gegryp en spottend gevra: “Wat se boek lees jy?” Sy het ’n kort verduideliking gegee van die inhoud van die boek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut.

Sy het sy aandag gevestig op die hoofstuk: “Jou klere en voorkoms sê iets—Van jou.” Hy het net gelag en weggeloop, maar hy het die boek saamgevat. Die volgende week het sy hom weer in die lesingsaal teëgekom, maar sy voorkoms het drasties verander. Hy het sy lang hare laat kap en sy baard afgeskeer. Hy het ook opgehou om stokkies te draai. Die ander skoliere, wat hierdie treffende verandering in die seun gesien het, het die Getuie uitgevra na die boek wat daarvoor verantwoordelik was. Die gevolg was dat sy nog vyf boeke versprei het.

Jy kan ook ’n eksemplaar van hierdie aansporende boek bekom. Vul net die bygaande koepon in en pos dit aan ons.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel