My boek met Bybelverhale—’n Gesogte boek
’n Klerk in ’n winkel in St. John’s, Newfoundland, het ’n gesprek met die sekretaresse oor die Bybel gehad. Daar is aanbeveel dat sy die boek “My boek met Bybelverhale” lees. Sy wou nog altyd so ’n boek gehad het, maar toe sy by verskeie godsdiensorganisasies navraag gedoen het, het sy gevind dat die boeke wat hulle gehad het altyd te duur was. Toe sy uitvind dat hierdie boek teen ’n klein bydrae bekom kan word, het sy geredelik een geneem. Toe ander in die winkel, onder meer die bestuurder, die boek sien, wou hulle eksemplare vir hulle kinders hê, asook vir hulleself en hulle vriende. Die gevolg was dat die klerk 25 eksemplare van “My boek met Bybelverhale” onder die personeel by die winkel versprei het.
Jy sal ook graag “My boek met Bybelverhale” wil lees. Dit bevat 116 Bybelverhale wat die leser ’n idee van die Bybel se inhoud gee. Die boek het groot druk en meer as 125 prente, waarvan die meeste veelkleurig is. Bestel hierdie waardevolle boek met 256 bladsye deur die bygaande koepon in te vul en te pos.