Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 5/15 bl. 3
  • So baie gelowe!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • So baie gelowe!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar kom hulle vandaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Godsdiens—Hoe het dit ontstaan?
    Die mensdom se soeke na God
  • Lei alle godsdienste na dieselfde God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Is alle godsdienste verskillende paaie wat na God lei?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 5/15 bl. 3

So baie gelowe!

WAAROM is daar so baie gelowe as daar slegs een God is? Het jy al ooit hieroor gewonder? Die meeste denkers het. En die antwoord is nie voor-die-hand-liggend nie. Die godsdienssituasie in die wêreld is so verwarrend soos kan kom. Beskou net ’n paar feite.

Hoeveel gelowe is daar? Dit is moeilik om te sê. Maar daar is ’n groot verskeidenheid. Party boorlingstamme aanbid stamgode. Baie Oosterlinge aanbid hulle voorouers. Party het net een god; Hindoes het miljoene. Die meeste mense in die Christendom glo aan ’n drie-eenheid—drie persone in een god. Party mense is godsdienstig sonder om aan enige god te glo.

Is alle gelowe verskillende maniere om een God te aanbid? Dit is ’n algemene opvatting. Maar soos die pasgemelde feite toon, kan dit nie waar wees nie. Die gode wat aanbid word, het boonop uiteenlopende geaardhede. Party gelowe het gode wat glo onverskillig teenoor die mensdom staan. Ander het wraaksugtige gode, en nog ander glo dat hulle gode weldadig is. Dit is duidelik dat hierdie gelowe nie almal van dieselfde god praat nie.

Het alle gelowe dinge gemeen? Ondanks die verskille is daar algemene ooreenkomste wat ons later sal bespreek. Laat ons net vir die hede sê: Die meeste gelowe leer dat daar ’n gesag bo dié van die mens is (alhoewel hulle nie saamstem oor wat daardie gesag is nie). Die meeste gelowe bied voorligting oor hoe ’n mens jou in hierdie lewe moet gedra (alhoewel daardie voorligting van geloof tot geloof verskil). En die meeste gelowe verkondig die een of ander soort “saligheid” of hoop op ’n lewe waarin ons teenswoordige beproewings tot die verlede sal behoort (alhoewel hulle verskil oor die aard van daardie “saligheid”).

Kan ons iets hieruit leer? Die mensdom as geheel is klaarblyklik bewus van die moontlikheid om ’n beter lewe te lei as wat hulle nou het. Maar individue meen dat hulle nie opgewasse is teen die probleme waarmee hulle te kampe het nie en besef dat hulle ’n hoër hand nodig het om hulle te help.

Maar waarheen moet ’n persoon hom wend vir hierdie hulp wat hy klaarblyklik nodig het, aangesien daar so baie gelowe is wat teenstrydige raad gee? Waar kom al hierdie uiteenlopende gelowe in elk geval vandaan? Is daar ’n manier om vas te stel watter een reg is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel