Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 4/15 bl. 31
  • “Wondermiddel” vir kinderontwikkeling—Liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Wondermiddel” vir kinderontwikkeling—Liefde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat babas nodig het en wil hê
    Ontwaak!—2003
  • Jou rol as ouer
    Ontwaak!—2004
  • “Die kragtigste leermasjien in die heelal”
    Ontwaak!—2011
  • Bladsy twee
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 4/15 bl. 31

“Wondermiddel” vir kinderontwikkeling—Liefde

By Philadelphia se St. Christopher-Hospitaal word babas gereeld opgeneem omdat hulle “nie na wense vorder nie”. Hulle is gewoonlik baie kleiner en ligter as ander babas van hulle ouderdom, en hulle ly aan ernstige diarree en ontwatering. Hulle huil gedurig omdat hulle vasgehou wil word. Een seuntjie van ses maande het by sy aankoms in die hospitaal ’n kaal kolletjie op sy agterkop gehad, wat daarop dui dat sy ouers hom feitlik nooit opgetel het nie.

’n Tyd lank was daar ’n teorie dat die swak ontwikkeling van sulke babas te wyte is aan die feit dat hulle hipofise in gebreke bly om ’n sekere groeihormoon af te skei. Maar dokters en verpleegsters by die St. Christopher-Hospitaal glo dat daar “in die meeste gevalle ’n gebrek aan stimulering is, ’n gebrek aan die liefde wat so noodsaaklik is vir die kind se sielkundige ontwikkeling”. ’n Geneesheer by die Bostonse Kinderhospitaal berig: “Dit is eers wanneer ’n huilerige, siek baba ’n gelukkige, reagerende kind word dat hy begin groei.”

As alle ouers die beskouing gehad het dat kinders “’n erfdeel van die HERE” is, soos die Bybel sê, sou daar nooit ’n gebrek aan liefde in die huis wees nie (Psalm 127:3). Dit verg beslis tyd en moeite om na enige erfdeel om te sien en te sorg dat sulke bates groei. Watter rol die groeihormoon by kinderontwikkeling speel, moet nog bepaal word. Maar daar is een “wondermiddel” wat jy met veiligheid kan gebruik om jou kind te help om tot ’n gesonde, normale individu te ontwikkel—LIEFDE.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel