Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 4/15 bl. 3-4
  • Is jy al ooit teleurgestel deur ’n etiket?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy al ooit teleurgestel deur ’n etiket?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Hedendaagse Christelikheid—Hoeveel daarvan is eg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Waar Is die gelowiges?
    Ontwaak!—1996
  • Hoe die Christendom ’n deel van hierdie wêreld geword het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Die Bybel se valse vriend
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 4/15 bl. 3-4

Is jy al ooit teleurgestel deur ’n etiket?

HET jy al ooit ’n produk met ’n aantreklike etiket gekoop, slegs om te vind dat dit nie aan die bewerings op die etiket voldoen nie? Jy was teleurgesteld, nie waar nie? Jy het waarskynlik besluit om nie weer daardie produk te koop nie. Miljoene mense het vandag ’n soortgelyke ondervinding met godsdiens gehad. Hulle is aanvanklik gelok deur die etiket “Christelik” en is toe teleurgestel deur wat hulle gesien en ondervind het.

Volgens statistiek bely bykans ’n kwart van die wêreldbevolking dat hulle Christene is. In die Amerikas en Europa is die verhouding selfs hoër. Maar gee statistiek ’n getroue beeld? Wat van jouself? Is jy ’n gedoopte lidmaat van ’n Christelike godsdiens? Indien wel, beskou jy jouself as ’n Christen? Of is dit net ’n etiket?

Kom ons beskou twee voorbeelde om die saak toe te lig: Spanje, ’n Katolieke land, en die Verenigde Koninkryk, ’n Protestantse land. Een ensiklopedie gee Spanje se godsdiensverdeling gedurende die middel-sestigerjare soos volg aan: Rooms-Katoliek, 31 200 000; Protestants, 43 000; Joods, 5 000. Teoreties is Spanje dus 99,85 persent Christelik. Maar soos in die meeste lande het Spanje ook sy ateïste, agnostici, afgedwaalde Katolieke en Protestante. Daar kan beslis nie gesê word dat 99,85 persent elke week, of selfs elke jaar, kerk toe gaan nie!

Dieselfde geld vir die Verenigde Koninkryk, hoewel in ’n groter mate. Dieselfde ensiklopedie gee die volgende indeling van die bevolking ten opsigte van godsdiensverband: Anglikaanse Kerk, 27 500 000; Rooms-Katoliek, 6 000 000, en ander syfers vir die oorblywende groot godsdienste. Hoeveel van daardie 27 500 000 is werklik kerkgaande Anglikane? Baie min, te oordeel na amptelike bywoningsyfers. Minder as 10 persent gaan kerk toe vir die Paasdiens, waarvoor daar gewoonlik ’n hoë opkoms is.

Waarop dui dit? Dat daar dikwels ’n verskil is tussen die etiket en die produk. Dit is een ding om te bely dat jy ’n Anglikaan of ’n Katoliek is, maar dit is iets anders om ’n bedrywige lid van daardie gelowe te wees. Net so is dit een ding om te bely dat jy ’n Christen is, maar geheel ’n ander saak om waarlik ’n Christen, of ’n Christelike persoon, te wees.

‘Wat is ’n Christen nou eintlik?’ vra jy miskien. Daar is verskillende gedagtes hieroor, maar kyk of joune ooreenstem met enige van die volgende algemene beskouings:

Enigiemand wat in Jesus Christus glo.

Enigiemand wat in ’n Christelike kerk gedoop is.

’n Persoon wat aan ’n Christelike kerk behoort en kerkdienste bywoon.

Enigiemand wat nie sy naaste kwaad aandoen nie en wat help waar hy kan.

Iemand wat volgens die Bybel lewe.

Slegs diegene wat “wedergebore” is.

Slegs diegene wat aan die pous glo.

Ja, daar is so baie uiteenlopende menings dat godsdiensskrywer en dosent Ninian Smart beweeg is om te skryf: “Die Christelike godsdiens is die raaiselagtigste van die groot gelowe. . . . Dit wissel van Oostelike Ortodoksie en Katolisisme tot ’n groot verskeidenheid Protestantse kerke en sektes. . . . Dit seën oorlog en pasifisme, kloosters en sekulêre gesindhede, hiërargie en demokrasie, prediking en ritueel, filosowe en diegene wat filosofie verwerp.”

Maar is dit werklik die geval? Kan die ware Christelike godsdiens sy goedkeuring heg aan oorlog, wêreldlike gesindhede en so baie ander teenstrydige bedrywighede wat gedurende die afgelope paar dekades in die Christendom vergoelik is? Wat is ware Christelikheid? En is hedendaagse Christelikheid eg?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel