Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 4/1 bl. 10
  • Die jeug in die moderne wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die jeug in die moderne wêreld
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die waarde van vaste oortuigings
  • ‘Die druk om verkeerde dinge te doen’
  • Goeie vriende—Slegte vriende
    Ontwaak!—2004
  • Sedelike standaarde is noodsaaklik
    Ontwaak! – 2019
  • Adolessensie—Voorbereiding vir volwassenheid
    Ontwaak!—2011
  • 7 Waardes
    Ontwaak! — 2018
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 4/1 bl. 10

Die jeug in die moderne wêreld

Adolessensie—’n uiters gevaarlike tyd!

ADOLESSENSIE—die lewensperiode van puberteit tot volwassenheid—is al beskryf as “die gevaarlikste ontwikkelingservaring van die mens” van vandag. Die persoon wat so gesê het, het verduidelik: “Die adolessent verkeer in gevaar omdat die kontinuïteit van die geslagte verbreek is. Hy staan vir die eerste keer stoksielalleen en sonder die beskerming van sy meerderes. Hy word onderwerp aan die druk van kultuurskok, toekomsskok en volslae verwaarlosing.”—Ruth Aikins, in Quality of Life—The Early Years, ’n boek wat deur die Amerikaanse Mediese Vereniging geborg word.

Veranderinge het so vinnig plaasgevind! Morele waardes het in duie gestort. Ongeloof het toegeneem.

Jongmense het leiding nodig, maar vind dikwels nie by ouer persone ’n krag van oortuiging, ferme waardes of vaste etiek nie. Baie jongmense dink dat die ouer geslag gruwelik opgetree het. Maar jongmense moet onthou dat hoewel vorige geslagte regte beginsels geïgnoreer het, daardie beginsels nog altyd in die Bybel bestaan het. Dit toon wat mense moes gedoen het en wat God binnekort gaan doen om die aarde se probleme op te los.

Die waarde van vaste oortuigings

Beskou jou kinders jou as ’n ferme steun—iemand wat hulle kan navolg?

In Power to the Parents! het Joseph and Lois Bird geskryf: “Die kind word gebore in ’n wêreld wat hy nie kan begryp nie, ’n wêreld waarin hy nie kan voortbestaan sonder baie ondersteuning en beskerming nie. . . . Hy moet weet dat die belangrikste volwassenes in sy lewe antwoorde gevind het vir hulle eie lewens, dat hulle hulle wêreld kan verstaan.”

“Ons kinders moet in ons ’n krag van oortuiging vind, ’n stel vaste waardes en etiek waarvolgens hulle ons sien lewe. As hulle weifeling, kompromisse en skynheiligheid in ons dade vind, sal hulle dit moeilik vind om die nodige krag te bou om hulle eie oortuigings te behou terwyl hulle volwasse word.”

Hoe geseënd is julle kinders tog as julle gesin sulke oortuigings het wat, op die waarheid van God se Woord gebaseer is! Daardie Woord kan vir julle gesin ferme waardes, sterk geestelike doelwitte, ’n vaste geloof in God en ’n aansporende begeerte gee om daardie wonderlike geloof aan julle kinders oor te dra.

‘Die druk om verkeerde dinge te doen’

Die druk om ons vriende se voorbeeld te volg, is baie sterk. ’n Sestienjarige meisie het geskryf: “Toe ek jonger was, het hulle altyd druk op my uitgeoefen om slegte dinge te doen, soos om te rook en te steel en dies meer. . . . Ek het in werklikheid geen begeerte gehad om ’n sigaret te rook nie, maar ek wou nie hê dat almal moes sê nie: ‘Ag, jy’s ’n bangbroek, jy’s ’n mugu.’ . . . Ek besef nou dat vriendskappe wat op ’n kompromis berus swak vriendskappe is wat maklik verbrokkel.” ’n Twaalfjarige het gesê: “Wanneer iemand druk op jou uitoefen, is dit die beste om hom te ignoreer ofte vermy, of by vriende te bly waarvan jy hou” (Listen to Us, bladsye 110, 111). Watter wyse woorde van twee jongmense af—dit is beter om ander vriende te kry as om in die versoeking te kom om dinge te doen wat jy weet verkeerd is!

Jehovah het Israel lank gelede hierteen gewaarsku. Hy het gesê dat omgang met ongelowiges daartoe sou lei dat hulle “jou uitnooi”, met die gevolg dat jy van hulle offers sou eet. Dan sou hulle dogters met jou seuns trou en hulle valse gode laat aanbid (Exodus 34:12-16). Jong Dina het tot haar verdriet uitgevind hoe gevaarlik slegte omgang is. Toe sy onverstandig was en vir Kanaänitiese meisies gaan kuier het, het ’n jong man, wat as “die mees geëerde in die hele huis van sy vader” beskryf is, haar verkrag, ’n daad wat tot groot bloedskuld aanleiding gegee het (Genesis 34:1-31). Hoe waar is die Bybel se waarskuwing tog: “Slegte geselskap bederf goeie sedes”! (1 Korinthiërs 15:33, NTP). Of soos The Jerusalem Bible dit stel: “Slegte vriende bederf die edelste mense.”

Die bladsye wat volg, bevat meer besonderhede wat op God se Woord gebaseer is en wat toon hoe gesinne kan saamwerk om die uitdagings van hierdie moderne wêreld die hoof te bied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel