Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 3/1 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Onthou jy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 3/1 bl. 31

Onthou jy?

Het jy onlangse nommers van “Die Wagtoring” met aandag gelees? Dan sal jy waarskynlik die volgende onthou:

• Waarom is talespraak vandag nie ’n deel van die Christelike godsdiens nie?

Omdat die gawe van tale slegs aan die eerste-eeuse Christene gegee is om te staaf dat God se guns van die ou Joodse reëling na die pasgestigte gemeente verskuif het (1 Korinthiërs 13:8; Hebreërs 2:2-4).—1/11/81, ble. 4-6.

• Wat is die “suiwer taal” wat in Sefanja 3:9 (NW) gemeld word?

Dit is die “voorbeeld van gesonde woorde” wat Jehovah en sy regverdige voornemens deur Christus Jesus loof (2 Timotheüs 1:13).—1/11/81, bl. 28.

• Is siekte ’n straf vir sonde?

Siekte kan ’n regstreekse gevolg van sonde wees, soos die Bybel sê: “Net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Galasiërs 6:7). Dit geld van diegene wat onsedelikheid “saai”, rokers, dronkaards, vrate, ensovoorts. Maar die grondoorsaak van alle siekte kan na die sonde van Adam teruggespoor word (Romeine 5:12).—1/1/82, ble. 5, 6.

• Hoe kan ’n jong Christen die versoeking om onsedelik te wees weerstaan?

Neem jou Godvresende ouers of die ouere manne in die gemeente in jou vertroue. Moenie dink aan, kyk na of meedoen aan dinge wat jou geslagsdrange sal opwek nie (Kolossense 3:5; 1 Korinthiërs 9:27). Bou ’n persoonlike verhouding met Jehovah deur studie en gebed op.—15/1/82, ble. 10-12.

• Hoe kan jy as ouer jou kind se hart bereik?

Begin om met jou kinders te kommunikeer wanneer hulle nog baie klein is en verleen positiewe, vriendelike hulp soos benodig. Ouers moet saamwerk om ’n hegte gesinsverhouding te bou deur self ’n goeie voorbeeld te stel ten opsigte van gereelde Bybelstudie, gebed en velddiens. Erken dat jy goddelike hulp nodig het om jou kind se hart te bereik (2 Korinthiërs 4:7; Psalm 51:7).—15/1/82, ble. 18, 19.

• Wie alleen kan met welslae tussen reg en verkeerd onderskei?

Diegene wie se verstande voortdurend versterk word deur geestelike informasie uit God se Woord. Hierdie kennis verskerp hulle “geestesvermoëns” en leer hulle sinne aldus om nie maklik bedrieg te word nie (Hebreërs 5:14; Genesis 8:21).—15/1/82, bl. 21.

• Watter kenmerke onderskei Mattheüs se Evangelieverhaal?

Dit beklemtoon die tema van die “koninkryk van die hemele”. Jesus word vir die Jode beskryf as die lang-beloofde Messias deur na sowat 100 plekke in die Hebreeuse Skrifte te verwys. Mattheüs gee die enigste ooggetuieverslag van hoe Jesus die gedenkmaal van sy dood ingestel het.—15/1/82, ble. 27, 28.

• Sal dit vir ’n opregte persoon moontlik wees om hom aan God se kant te skaar nadat die “groot verdrukking” begin het?

Die getuienis uit die Skrif antwoord: Nee. As enigiemand tot in God se regverdige nuwe orde behoue wil bly, moet hy nou die regte verhouding met God opbou (Spreuke 18:10; Sefanja 2:3).—1/2/82, ble. 16, 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel