Onthou jy?
HET jy dit geniet om die laaste paar nommers van Die Wagtoring te lees? Dan sal jy waarskynlik party van die volgende interessante punte onthou:
◻ Wat help ’n mens om jou gees te beheers?
Eerstens, ondersoek jouself om te sien of jy ’n beweegrede of swak plek het waarvan jy nie bewus was nie. As ’n ander persoon by die saak betrokke is, moet jy probeer om hom te sien soos God hom sien. Beoordeel jy hom op grond van een of twee “irriterende” karaktertrekke? Sien jy sy goeie karaktertrekke oor die hoof? (Filip. 4:8). Probeer ook om die saak uit die ander persoon se oogpunt te sien. Dit het ’n kalmerende uitwerking en kan jou help om die strik van vooroordeel te vermy (Spr. 18:13).—1/3 ble. 4-6.
◻ Waarom kan God se wraak met sy liefde versoen word?
Dit is omdat God geregtigheid liefhet en goddeloosheid haat. Sy liefde kan boosheid nie vir ewig duld nie (Nah. 1:2; Deut. 32:35, 41). Om diegene te red wat hom liefhet en wat in Jesus se losprysoffer glo, moet God die aarde reinig van alle bloedskuld, verdorwenheid en onsedelikheid. Deur dus op sy vyande wraak te neem, sal die ‘God van liefde’ die weg vir ’n globale paradys baan (1 Joh. 4:8).—1/4 ble. 5, 15.
◻ Waarom is rook sonde?
“Sonde is immers oortreding van die wet van God” (1 Joh. 3:4, NAB). Een van God se wette is: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Jak. 2:8). Rook is ’n skending van ander se regte en kan hulle fisiese skade berokken. Die nikotien in tabak tree op soos ’n dwelmmiddel wat die roker se waardering vir die Skepper en Sy voornemens afstomp. Hy word ’n slaaf van hierdie onrein gewoonte. (Vergelyk Romeine 6:6; 2 Kor. 7:1.) Rook is sonde.—15/4 ble. 4-9.
◻ Wat is ’n paar bewyse van God se bestaan?
Hierdie bewyse sluit die volgende in: Astronomiese getuienis wat met die Bybel se beskouing ooreenstem dat die stoflike heelal ’n begin gehad het (Gen. 1:1). Die harmonie en ordelikheid wat lewe op aarde moontlik maak. Die wondere van die mens se liggaam wat bestaan uit biljoene selle wat die nodige chemikalieë, proteïene en hormone maak. Diere, voëls en visse se instink.—1/5 ble. 35.
◻ Hoe kan ons ’n goeie naam” by God maak?
Deur uit te vind wat reg en wat verkeerd in God se oë is. Ons moet ophou doen wat verkeerd is en begin doen wat reg is (Rom. 12:2). Om daardie doel wit te bereik, moet ons God se Woord bestudeer en dan die verkreë kennis op onsself toepas (Rom. 2:21, 22). Dit sluit in dat ons in Jesus se voetspore volg en die “goeie nuus” van die koninkryk verkondig (Matt. 24:14; 1 Pet. 2:21).—1/5 ble. 25, 27, 29, 30.
◻ Hoe kan die “getroue en verstandige dienskneg” vandag geïdentifiseer word?
Jesus het gesê dat die “dienskneg” uitgeken sou kon word aan sy waaksaamheid en die feit dat hy getrou en verstandig geestelike voedsel aan almal in die Christengemeente gee soos benodig word (Matt. 24:45-47). Die feite toon dat ’n groep Bybelstudente (nou bekend as Jehovah se Getuies) sedert die vroeë sewentigerjare van die negentiende eeu besef het dat dit nodig is om die Skrif op onsektariese wyse te ondersoek. Dit het gelei tot ’n herstelling van baie Bybelwaarhede. Hulle is gepubliseer en gedeel met almal wat voorbereid wou wees op die Here se wederkoms. Dit het weer gelei tot die versameling van ’n gemeente gesalfde dissipels van Christus, wat indiwidueel gevoed word en geestelik wakker bly. Omdat hulle hierdie getroue “dienskneg” erken, dien ’n “groot menigte” medewerkers nou lojaal saam met hulle (Openb. 7:9, 15). —15/5 ble. 24, 26, 27.
◻ Wat het Paulus bedoel toe hy in Romeine 11:13 aan Christene geskryf het dat hy ‘sy bediening verheerlik’?
Paulus het sy “bediening” as ’n uiters groot voorreg beskou. Daar was niks omtrent sy “bediening” waarvoor hy hom hoef te geskaam het nie. Dit is hoe al Jehovah se Getuies vandag behoort te voel. Hulle is bedienaars wat die Soewerein van die Heelal verteenwoordig en die grootste regering wat daar bestaan, aankondig. Alle Christene het alle rede om ‘hulle bediening te verheerlik’.—1/6 ble. 20-25.