Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 12/15 bl. 27
  • Miljoene vereer die pasgebore baba

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Miljoene vereer die pasgebore baba
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Kersfees—Baie sien dit as ’n genieting, nie ’n gevaar nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Kersfeesvierings—Waarom selfs in die Ooste?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Kersgebruike—Is dit Christelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Kersfees—Waarom so gewild in Japan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 12/15 bl. 27

Miljoene vereer die pasgebore baba

OP 24 DESEMBER 1223 het die twee-en-veertigjarige Fransiskus van Assisi (wat later deur die Rooms-Katolieke Kerk heilig verklaar is) in ’n kerk in Greccio, Italië, ’n model van die baba Jesus in ’n krip gebou. Rondom die krip het hy beeldjies gesit wat Josef en Maria, die herders wat die baba Jesus besoek het, ’n esel en ’n os voorgestel het. ’n Paar uur later, om middernag, het Fransiskus se model van die geboortetoneel die middelpunt van die Kersmis geword.

Sedertdien het die gebruik van die krip tydens die viering van Kersfees oor die hele wêreld versprei. Ondanks die flagrante kommersialisering van Kersfees voel baie vandag nog sentimenteel en nostalgies gedurende die Kerstyd. Daar is vir hulle iets moois in die tonele en klanke van grootoog kinders wat Kersliedere sing, die versierde Kersboom, die opgewondenheid van geskenkegee, die herinnering aan die engele se aankondiging: “Vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!” met ’n onskuldige en hulpelose babatjie wat stil in ’n krip lê as die middelpunt van al hierdie dinge.—Lukas 2:14, 16, NTP.

Die meeste mense weet natuurlik teen hierdie tyd dat die versiersels van Kersfees heidens eerder as Christelik is. Ensiklopedieë wat in die meeste openbare biblioteke beskikbaar is, toon dat die feesviering en gee van geskenke oorblyfsels van die heidense Romeinse Saturnusfees is. Die huls, die mistel en die versierde Kersboom kom van die Noord-Europese heidendom. Selfs die datum, 25 Desember, is nie die datum waarop Jesus gebore is nie. Dit is eerder die datum waarop die aanbidders van Mithra die geboorte van die “onoorwonne son” gevier het.

Maar die geboortetoneel? Wel, volgens die Bybel het die “wyse manne” of Oosterse sterrewiggelaars—wat soms in Kerstonele by die krip uitgebeeld word—nooit by die plek aangekom waar Jesus gebore is nie. Hulle het later aangekom, toe Josef en Maria reeds in ’n huis gewoon het (Mattheüs 2:1-11). Jesus is wel na sy geboorte in ’n krip neergelê. Herders het hom besoek, en engele in die hemele het gesing: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n welbehae het!”—Lukas 2:8-14, NTP.

Daardie babatjie wat nagenoeg 2 000 jaar gelede in Betlehem gebore is, het die beroemdste baba in die geskiedenis geword. Die verslag van sy geboorte, soos in die Bybel opgeteken, is rondom die wêreld gepubliseer. Miljoene mense dink nog steeds aan Jesus as ’n baba in ’n krip.

Meen jy dat dit gepas is? Moet ons nog steeds aan Jesus dink as ’n hulpelose babatjie in ’n krip? Wat toon die Bybel?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel