Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 2/1 bl. 8-9
  • Waarom het God die aarde geskape?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom het God die aarde geskape?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Die lewe het ’n wonderlike doel
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Wat vereis God van ons?
  • Geskep met ’n wonderlike doel
    Ontwaak!—1999
  • Is die lewe op aarde ’n stapsteen na die hemel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 2/1 bl. 8-9

God se Woord is lewend

Waarom het God die aarde geskape?

GOD het eenkeer vir die man Job gevra: “Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het?” Omdat mense toe nog nie geskape was nie, was Job natuurlik nie daar nie. Maar die “seuns van God” in die hemel het toegekyk, en die Bybel sê dat hulle “saam gejubel” het. Ja, hulle het by hierdie belangrike geleentheid “gejuig”.—Job 38:4, 7.

Wat het hierdie engele so bly gemaak? Hulle moes ’n idee gehad het van God se voorneme met die aarde. God het moontlik vir hulle gesê dat hy nuwe soorte skepsele sou skep om daar te lewe. Die engele was dus bly om te sien dat so ’n pragtige plek voorberei word as die ewige tuiste vir die mensdom.

Nadat God ander skepsele geskape het, het hy eindelik die eerste twee mense, Adam en Eva, geskape. Toe het hy hulle op ’n besonder mooi plek op aarde, naamlik die Tuin van Eden, gesit en vir hulle gesê: ‘Bring baie kinders voort sodat hulle die aarde vul. Bewerk die aarde, en sorg vir die visse, die voëls en al die diere’ (Gen. 1:28). God wou hê dat mense vir ewig gelukkig op die aarde moes woon.—Ps. 37:29.

Maar Adam en Eva het teen God in opstand gekom. Gevolglik het die hele mensdom siekte, moeilikheid en die dood geërf (Rom. 5:12). Sou die blydskap van daardie “seuns van God” wat die voorbereiding van die aarde dopgehou het op teleurstelling uitloop? Sou God se voorneme met die aarde misluk?

Nee, want deur nie sy voorneme te volbring nie, sal God as ’t ware erken dat hy gefaal het. Dit sal hy nooit kan doen nie! “Al wat my behaag, sal Ek doen”, sê hy (Jes. 46:10, 11). En die Bybel sê dat God die aarde “nie geskape [het] om woes te wees nie”, maar “dit geformeer [het] om bewoon te word”.—Jes. 45:18.

Die aarde word weliswaar nou bewoon, maar nie op die manier wat God in gedagte gehad het nie. Daar is haat. Daar is misdadigheid. Daar is oorlog. Miljoene mense is honger en word siek. Maar God het ons aarde geskape om vir ewig die gelukkige tuiste van die mensdom te wees. En dit sal wees! Die Bybel voorspel: “God self sal by hulle wees as hulle God. En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.”—Openb. 21:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel