Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 1/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • Die gelykenis van die talente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Die afrekening oor die gebruik van Christus se fondse
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • ’n Les oor ywer – Die talente
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Leer uit die illustrasie van die talente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 1/15 bl. 31

Vrae van lesers

• Wie word in die gelykenis van die “talente” deur die drie diensknegte voorgestel?—Matt. 25:14-30.

Aangesien al drie diensknegte in die ‘heer’ se huis is, stel hulle al die moontlike erfgename van die hemelse koninkryk voor, erfgename met verskillende vermoëns en geleenthede om Koninkryksbelange te bevorder. Van Pinkster 33 G.J. tot vandag sou party gesalfde diensknegte groter vermoëns, krag en geleenthede gehad het om die heer se “besittings” wat aan hulle sorg toevertrou is, te vermeerder. Die apostels en ander met groot voorregte sal in die klas met die vyf “talente” val. Ander se omstandighede beperk wat hulle kan doen. Daar is nietemin van almal verwag om heelhartig in hulle toewyding en werk te wees. en almal sou dieselfde beloning ontvang.

Dit was nie so bestem dat die dienskneg met een “talent” sou misluk nie. As hy die een “talent” gebruik het om nog een te verdien, sou hy waarskynlik dieselfde beloning ontvang het en ‘die vreugde van sy heer binnegegaan het’. Omdat hy ‘sleg’ en ‘lui’ was, stel hy die moontlike Koninkrykserfgename voor wat ontrou geword het. Hulle verloor nie alleen hulle voorregte nie, maar ook enige beloning.

Lede van die valse Christendom sê dat hulle die ware diensknegte van die Heer, Jesus Christus, is, maar hulle woorde en dade loën enige aansprake dat hulle deel van die Heer se huis is. Hulle word dus nie in die gelykenis afgebeeld as moontlike erfgename van die hemelse koninkryk nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel