’n Waardevolle hulp om kinders leer
Dit is wat die boek “Luister na die Groot Onderwyser” vir miljoene ouers is. ’n Verbasende 29 000 000 eksemplare van hierdie boek is reeds gedruk. Een ouer het geskryf:
“Ons seun, Jason, was omtrent ’n jaar oud toe die boek verskyn het. Ons het dit dadelik vir hom begin lees. Toe hy kon praat, het hy feitlik al die antwoorde uit die hoof geken. Hy kon na die prente blaai en vir my vertel waaroor die verhaal gehandel het. Toe hy drie was, het ons begin om hom te leer lees. Die eenvoud van die boek het die leerproses baie vergemaklik. . . .
“Toe hy vier was, kon hy al ’n hele les stadig vir my lees. . . . Nou, op die ouderdom van vyf, ‘hou’ hy self die studie, stel hy die vrae en slaan hy die bygaande tekste na. . . . Ons hoop dat die leesvermoë en Bybelkennis wat Jason met behulp van die ‘Groot Onderwyser’-boek verkry het, hom sal help om sy onkreukbaarheid te handhaaf en ’n goeie voorbeeld te wees wanneer hy met sy formele skoolopleiding begin.”
Jy kan ’n eksemplaar van hierdie puik publikasie bekom deur die koepon hieronder in te vul en te pos.