‘Hulle draai nie doekies om nie’
’n Brief waarin ’n leser versoek het om op “Die Wagtoring” en “Ontwaak!” in te teken, het ten dele gelui:
“Ek wil graag vir julle sê dat julle tydskrifte myns insiens baie interessant is en ’n mens baie help om te sien wat Bybelbeginsels is. . . . Ek is ’n Katoliek en ek dink nie ek het al ooit gehoor of gesien dat die Bybel en sy wonderlike boodskap verkondig word op die wyse waarop die Getuies dit doen nie. Selfs al is mense bevooroordeeld en al is die tye swaar, hoop ek dat julle met julle werk sal kan voortgaan. Ek het al verskeie kerke besoek en dit is goed om te weet dat daar iemand is wat nie doekies omdraai waar dit by die Bybel en die betekenis daarvan kom nie. Dit is ’n verkwikkende verandering.”
Hierdie twee Bybelse tydskrifte kan ook by jou huis afgelewer word. Vul net die koepon hieronder in en pos dit.