Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 12/15 bl. 3
  • Die Bybel—Kan ons dit vandag glo?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel—Kan ons dit vandag glo?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Weerspreek die Bybel homself werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Waarom die Bybel lees?
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Die Bybel en jy
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Reg en verkeerd: Die Bybel – ’n Betroubare gids
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 12/15 bl. 3

DIE BYBEL—KAN ONS DIT VANDAG GLO?

“EK SPREEK as ’n man van die wêreld tot manne van die wêreld; en ek sê vir julle: Ondersoek die Skrif! Die Bybel is die boek der boeke, een wat op alle ouderdomme gelees moet word.” Hierdie woorde van Amerikaanse president John Quincy Adams lig toe hoe mense die Bybel eens beskou het—met diep respek.

Maar tye het verander. Hoewel die Bybel steeds die boek met die grootste verspreiding is, koester baie mense hulle bedenkinge daaroor. ’n Opname in Kanada het getoon dat die meeste aldaar nie die Bybel lees nie omdat hulle meen dat dit “ontoepaslik, onverstaanbaar en oninteressant” is. Bybelkritici sê dat hy hom weerspreek, onwetenskaplik en vol mites is. Selfs geestelikes doen aan hierdie aanvalle mee. ’n Amptelike verslag van ’n Protestantse groep in die Nederlande het gesê dat “Bybelskrywers foute begaan het en dat nie al die Bybelse bevele bedoel was om geldig te bly nie”.

Dit lyk beslis of baie mense meen dat die morele bevele van die Bybel nie “bedoel was om geldig te bly nie”. Hoerery, owerspel, homoseksualiteit—wat almal in die Bybel verbied word—word algemeen beoefen en openlik deur party geestelikes goedgekeur. Een Australiese geestelike het die prostitute wat in sy gebied bedrywig is, verdedig deur te sê: “Hulle voorsien in ’n behoefte van die samelewing.”

Dit is dus nie verbasend dat gewone mense wonder of hulle nog die Bybel kan glo nie. ’n Huisvrou het bely: “Ons is veronderstel om die Bybel te glo, maar niemand weet werklik of dit waar is nie. Bowendien weerspreek die Bybel homself.”

Wat is die feite? Is die Bybel inkonsekwent en vol teenstrydighede? Is dit vol mites? Dit is vrae wat beantwoord moet word. Deur die eeue heen het miljoene mense die Bybel geglo en probeer om daarvolgens te lewe. Het hulle hulle tyd verkwis? Of is die Bybel werklik ’n boek met ’n boodskap vir hierdie 20ste eeu?

Kom ons beskou ’n paar van die besware wat mense teen die Bybel opper, en kom ons kyk hoe gegrond hulle is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel