Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 11/1 bl. 3
  • Wie spreek in tale?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie spreek in tale?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom hedendaagse talespraak van God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Is die gawe van tale deel van die ware Christelike geloof?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Talespraak
    Redenering uit die Skrif
  • Wat leer die Bybel oor die vermoë om in tale te praat?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 11/1 bl. 3

Wie spreek in tale?

“EK WAS eendag hier in my voorhuis besig om op my knieë te bid. Skielik het ek ’n gevoel van groot en uitbundige vreugde ervaar. Ek het God in Engels begin loof, en toe na ’n ander taal oorgeslaan. Dit was ’n wonderlike ervaring.”—’n Baptistevrou in Texas.

“Toe is my tong vasgevang en ek het dadelik niks geweet nie, hoegenaamd niks nie, maar ek het hierdie drang gehad om te praat. Ek wou ophou praat, maar ek kon my tong nie keer nie. . . . Dan hoor ek my eie woorde; ek verstaan hulle nie, maar ek voel voortdurend hoedat my tong gedwing word om te praat.”—’n Manlike lid van ’n Apostoliese gemeente in Mexiko.

“Dit gee uiting aan iets wat in my hart gebeur.”—’n Katolieke man in Michigan.

Waarvan praat hulle? Talespraak of glossolalie.a Gedurende die afgelope dekade of twee het letterlik miljoene persone beweer dat hulle die wonderdadige gawe van tale van God ontvang het. Hierdie “gawe” word nie net in die “klassieke” Pinksterkerke aangetref nie, maar ook in feitlik al die kerkgenootskappe van die charismatieseb beweging—die Rooms-Katolieke, Baptiste, Metodiste, Lutherse en Presbiteriaanse kerk. Volgens ’n opname deur Christianity Today en Gallup beweer omtrent vyfmiljoen van die 29 miljoen volwasse Amerikaners wat die Pinkster of charismatiese beweging aanhang dat hulle die gawe van tale ontvang het.

Die “gawe” word gewoonlik gekenmerk deur ’n ekstatiese uitbarsting van onverstaanbare woorde en uitdrukkings. Vir die buitestaander klink dit soos sinlose brabbeltaal, maar vir die opregte Pinkster of charismatiese persoon is dit “die wonderlikste ondervinding wat ’n Christen kan hê”, soos een persoon wat in tale spreek dit gestel het. Waarom heg baie mense soveel waarde aan die gawe van tale?

Felicitas D. Goodman verduidelik in haar boek Speaking in Tongues: “Eerstens, dit is ’n aanduiding van die teenwoordigheid van die Heilige Gees in die persoon. . . . Tweedens, talespraak word beskou as ’n vorm van gebed wat deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees geïnspireer word.” Vir die opregte persoon wat in tale spreek, is sy gawe ’n teken dat hy die heilige gees ontvang het. Hy meen dat sy woordeskat ontoereikend is om sy dank aan God te betuig. Tale word gevolglik beskou “as ’n gawe van die Gees wat ’n mens in staat stel om beter te bid” in “’n irrasionele, onbekende vorm van spraak”, sê Clark H. Pinnock, adjunkprofessor in sistematiese teologie aan McMaster-Kweekskool in Ontario, Kanada.

Maar dui die gawe van tale waarlik ‘die teenwoordigheid van die heilige gees in ’n persoon aan’? Moet jy die gawe nastreef om jou te help om ‘beter tot God te bid’?

[Voetnote]

a Die woord “glossolalie” kom van twee Griekse woorde, glōssa, wat “tong” beteken, en lalia, wat “pratery” beteken.

b Die woord “charismaties” kom van die Griekse woord charismata, wat “gawes” beteken. Die woord word dikwels gebruik met verwysing na persone in die meer tradisionele kerkgenootskappe wat meen dat tale en ander buitengewone gawes vandag ’n normale deel van die Christelike ervaring is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel