Bybelverhale om kinders te boei
Sedert die publikasie van My boek met Bybelverhale boei dit jonk sowel as oud. Kinders geniet dit om te hoor hoe die 116 verhale oor en oor vir hulle gelees word. Die boek het 256 bladsye, ’n geelgoue omslag met rooi titel, en buitengewone groot druk. Die bladsye is so groot soos die van hierdie tydskrif, en dit het meer as 125 groot prente, waarvan die meeste veelkleurig is. Dit kos slegs R2,50, posvry.