Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 11/1 bl. 31
  • Wat beteken kerklidmaatskap?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat beteken kerklidmaatskap?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe goed ken jy die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • ’n Boek waarsonder die meeste jongmense klaarkom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Godsdienskrisis in Nederland
    Ontwaak!—1993
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 11/1 bl. 31

WAT BETEKEN KERKLIDMAATSKAP?

“Daar is nog baie geloof en deelname”, sê ’n navorser aan die Hartford Seminary Foundation oor die resultate van ’n opname wat in Boston en omstreke, Massachusetts, gedoen is. Negentig persent van die mense met wie daar onderhoude gevoer is, het gesê dat hulle aan God glo en meer as 90 persent het gesê dat hulle aan ’n kerk behoort.

Maar Boston se “Globe”, wat die opname geborg het, sê dat “georganiseerde godsdiens skynbaar min invloed op indiwidue het”. Waarom? Slegs 5 persent van die bevolking het gesê dat hulle na ’n geestelike sou gaan vir raad wanneer hulle “in ernstige moeilikheid” is, en slegs 7 persent van kerklidmate het gesê dat hulle dit sou doen.

Die opname toon ook dat “’n groot meerderheid kerklidmate nie die Bybel lees nie, nie tydens maaltye bid nie en nie gereeld dienste bywoon nie”. Onder voorgewende Katolieke lees slegs 11 persent die Bybel redelik gereeld en gebruik slegs 8 persent dit as ’n rigsnoer. Vir Protestante is die ooreenstemmende syfers 23 persent en 15 persent.

Die Bybel het voorspel dat daar ’n tyd sou kom wanneer mense “’n gedaante van godsaligheid” sou hê maar die “krag daarvan verloën”. Dit is die apostel Paulus se beskrywing van die meerderheid verklaarde Christene gedurende “die laaste dae” (2 Tim. 3:15). Kan jy die skrif aan die muur sien?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel