HULP MET GESINSPROBLEME
Wil jy graag sulke hulp hê? Een vrou sê dat haar gesin dit ontvang het deur die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou te lees. Sy skryf:
“Toe ek dit eers begin lees het, kon ek nie ophou nie. . . . Ek meen dat hierdie boek baie belangrik is omdat ons vandag, meer as ooit tevore, die druk van hierdie stelsel ondervind en soms geneig is om ons gesinne daarvoor te laat boet. Maar deur verskillende hoofstukke te raadpleeg, kan ons nou probleme die hoof bied en die tyd wat ons as ’n gesin saam bestee ten beste benut.”
Baie gesinne is gehelp om probleme op te los nadat hulle hoofstukke soos “Die waarde van liefdevolle dissipline” en “Hou die kommunikasie oop” saam gelees het. Ontvang hierdie waardevolle boek deur hierdie koepon in te vul en te pos.