Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 10/15 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Dit moet vir julle as ’n gedagtenis dien’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Wat is die Pasga?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Van seder tot redding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 10/15 bl. 30-31

VRAE van LESERS

• Hoeveel Pasgavierings was daar gedurende Jesus se aardse bediening?

Die gesamentlike getuienis van die Evangelieverslae is dat daar vier Pasgavierings was en dat Jesus se bediening dus drie-en-’n-half jaar lank was.

Nie een van die Evangelieverslae meld spesifiek vier Pasgavierings nie. Trouens, Mattheüs, Markus en Lukas (dikwels die Sinoptiese Evangelies genoem) meld geen Pasgavierings nie behalwe die laaste een toe Jesus gesterf het. Soos in ander sake is dit dus nodig om die besonderhede wat deur al die Evangelieverslae verstrek word, saam te voeg.

Johannes 2:13 verwys na ’n Pasga na aan die begin van Jesus se bediening. Aangesien hy in die noordelike herfs van 29 G.J. gedoop is, moet die Pasga van Johannes 2:13 die een in die noordelike lente van 30 G.J. wees. Johannes se Evangelie meld ook ’n Pasga in Johannes 6:4 en die laaste een wat Jesus bygewoon het voordat hy gesterf het (Joh. 13:1). Maar daar is goeie rede om te glo dat daar nog ’n Pasga was, wat gevier is tussen die twee wat in Johannes 2:13 en Johannes 6:4 gemeld word. Hoe so?

Na die Pasga in 30 G.J. het Jesus ’n ruk lank in Judea gepreek voordat hy noordwaarts na Galilea gegaan het, wat hy gedoen het toe daar nog vier maande voor die oes oor was (Joh. 4:35). Hoewel Johannes in hoofstuk vier slegs van die aanvang van Jesus se lang bediening in Galilea begin vertel, lees ons in Johannes 5:1: “Hierna was daar ’n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.” Watter fees was dit?

Om ons te help om vas te stel watter fees dit was, kan ons daarop let dat al die Evangelies vertel van Jesus se wonderwerk toe hy 5 000 persone by Betsaida gevoed het (Matt. 14:13-21; Mark. 6:32-44; Luk. 9:10-17; Joh. 6:1-15). Die verwysing in Johannes 6:4 na ’n naderende Pasga en Markus se vermelding van groen gras toon albei dat hierdie wonderwerk in die lente plaasgevind het. Maar die verslae van Mattheüs, Markus en Lukas plaas hierdie wonderwerk diep in Jesus se Galilese bediening, naamlik tydens sy derde toer deur die gebied. Die Sinoptiese Evangelies vertel van meer gebeure as wat in minder as ’n jaar tussen die begin van die Galilese bediening en die Pasga van Johannes 6:4 kon plaasgevind het.

In die artikel “Chronologiese aspekte van Christus se lewe” se Harold W. Hoehner: “Een probleem met die byvoeging van ’n jaar tussen die Pasgavierings van Johannes 2:13 en 6:4 is dat Johannes geen bykomende Pasga meld nie. Dit is ’n redenasie wat berus op verswyging en [dit is opmerklik dat] nie al die feeste in Johannes gemeld word nie, onder meer die Pinksterfees. En die Sinoptiese verslae vereis nog ’n jaar tussen die Pasgavierings van 2:13 en 6:4.”—Gepubliseer in Bibliotheca Sacra, Deel 131, April-Junie 1974, bladsye 147-162.

Maar as die fees wat in Johannes 5:1 gemeld word ’n Pasga was, sou daar tyd vir die gebeure gewees het. Daarbenewens praat party manuskripte in Johannes 5:1 daarvan as “die fees”, wat waarskynlik die Pasga bedoel. En die Pasga was ’n fees waarvoor die Jode volgens die Mosaïese wet na Jerusalem moes gaan, soos Johannes 5:1 sê Jesus gedoen het.

Dit toon dat die aardse bediening van Jesus nie drie nie maar vier Pasga-vierings ingesluit het. Van die verskeie teorieë oor die lengte van Jesus se bediening voeg Harold W. Hoehner by: “Die driejarige bediening van Jesus van die eerste Pasga af tot die passie-Pasga is die waarskynlikste keuse. Aangesien Jesus se doop en openbare bediening die eerste Pasga voorafgegaan het, sal die duur van Sy bediening natuurlik omtrent drie-en-’n-half jaar wees.” En dit is presies die lengte wat aangedui word deur Daniël se profesie oor die “sewentig sewetalle”.—Dan. 9:24-27.

Van die laaste ‘sewetal’ of ‘week van jare’ het Daniël geskryf: “Hy [“’n Gesalfde, ’n Vors”] sal een week [van sewe jare] lank met baie [besnede Jode en proseliete] ’n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week [na drie-en-’n-half jaar] sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou [deur sy dood wat die Wet vervul het]” (Dan. 9:27). Jesus is gevolglik in 29 G.J. gedoop en met God se gees as die Messias gesalf. Hy het in die noordelike lente van 33 G.J. gesterf, na ’n bediening van drie-en-’n-half jaar.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel