Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 8/15 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Die keuses, die geskille
    Ontwaak!—2004
  • Die benutting van windkrag
    Ontwaak!—1995
  • ’n Geboorteontploffing deur middel van geassisteerde voortplanting
    Ontwaak!—2004
  • Die baarmoeder—ons wonderlike eerste tuiste
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 8/15 bl. 31

VRAE van LESERS

• Sou dit verkeerd wees vir ’n Christen om windklokkies in sy of haar huis op te hang?

Baie mense hang windklokkies op om aangename musiekklanke in hulle huis te hê. Wanneer die wind waai, klingel die stukkies glas, metaal of hout teen mekaar en bring hulle klanke voort. In party lande is dit egter die gebruik om windklokkies op te hang om bose geeste te verhoed om die huis binne te kom. ’n Christen sal klaarblyklik nie windklokkies met so ’n doel ophang nie. Indien daar so ’n bygeloof in ’n mens se land of gemeenskap is, sal dit dus nie verstandig wees om windklokkies in die huis te hê nie. So sal ons niemand laat struikel of die indruk skep dat Jehovah se Getuies windklokkies met ’n onskriftuurlike doel gebruik nie.—1 Kor. 10:31-33.

Maar as ’n mens se beweegrede om windklokkies op te hang niks te doen het met valse godsdiens, bygelowe of demonisme nie, en die kanse skraal is dat ander die verkeerde indruk sal kry, is dit bloot ’n saak waaroor daar persoonlik besluit moet word.

• Ek het die afgelope paar jaar gelees van “proefbuisbabas” wat gebore word. Wat is die Bybelse beskouing van die prosedure wat hiervoor gebruik word?

Kom ons kyk eers kortliks na wat volgens berig gebeur het, soos toegelig deur die eerste geval, wat in Engeland voorgekom het.

Die vrou kon nie op die normale manier swanger word nie omdat daar iets verkeerd was met haar eierleiers waardeur die eiersel moet beweeg om die baarmoeder te bereik. Deur middel van ’n klein operasie het wetenskaplikes toe een van haar ryp eierselle uitgehaal en dit in ’n laboratoriumhouer met voedingstowwe geplaas. Haar man se saadselle is bygevoeg en bevrugting het plaasgevind. Na ’n paar dae is die bondeltjie groeiende selle (kiemblaas) versigtig in haar baarmoeder teruggesit waar dit normaal ontwikkel het totdat ’n baba gebore is.

In hierdie geval het die saadsel en die eiersel van ’n man en sy vrou gekom. Dit is belangrik uit die Bybel se standpunt. Waarom? Weens ’n wet wat God aan die eertydse Israeliete gegee het: “Jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie” (Lev. 18:20, 29). Daardie wet is gegee toe hedendaagse kunsmatige bevrugting en metodes om “proefbuisbabas” te hê nog nie beskikbaar was nie; tog toon dit hoe God dink.

Uit die Bybel moet ons die gevolgtrekking maak dat indien bevrugting sou plaasvind tussen die saadsel en ’n eiersel wat nie van ’n man en sy vrou af kom nie, dit op owerspel of hoerery sou neerkom. Die Skrif laat geen twyfel by ons oor God se beskouing daarvan nie: “God sal hoereerders en egbrekers oordeel” (Hebr. 13:4; Matt. 19:9). Maar gestel dat ’n egpaar wat nie daarin kon slaag om kinders te hê nie die moontlikheid gebied word om van bogemelde prosedure gebruik te maak. Hier is ’n paar aspekte wat hulle in ag moet neem:

Sal al die nodige meganiese stappe—met bevrugting in ’n laboratoriumhouer—die saak vir hulle so onnatuurlik of bizar maak dat dit vir hulle eties aanstootlik is?

Die eier in die houer word (voor en na bevrugting) deur voedingstowwe onderhou. In ten minste ’n paar van die gevalle wat reeds voorgekom het, is bloedserum as die voedingstof gebruik. God se wet oor bloed kom gevolglik ter sprake.—Hand. 15:28, 29; Lev. 17:13, 14.

Nuusberigte sê dat wetenskaplikes in ’n paar gevalle die bevrugte eier vernietig het omdat hulle gemeen het dat dit nie behoorlik sou ontwikkel nie of genetiese gebreke sou hê. Sou dit nie op aborsie neerkom nie?a En tot watter mate sou die “ouers” seggenskap in die saak hê of verantwoordelik wees vir ’n sodanige beëindiging van ’n nuwe lewe?

Daarbenewens is party wetenskaplikes bekommerd dat genetiese gebreke sal verskyn, hetsy gedurende die ontwikkeling in die baarmoeder of later.

Dit is aspekte wat ’n Christen gepas in ag sal wil neem, hoewel hy sal besef dat wanneer dit op die man afkom, ’n persoonlike besluit geneem sal moet word.

[Voetnoot]

a Kyk The Watchtower van 1 Augustus 1977, Bladsye 478-480

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel