‘’N BOEK VIR ELKE JONG PERSOON’
Dit is wat gesê is oor “Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut”. ’n Leser in Tennessee het geskryf:
Geagte Heer:
Ek sluit ’n tjek in vir $10,00 se ‘Afsprake en hofmaker.’ Nadat ek eksemplaar van hierdie boek gesien het, meen ek dat dit vir elke jong persoon in Amerika voordelig sal wees as hulle hulle gedrag laat lei deur die inligting wat die boek versterk.
As ek kon, sou ek ’n tjek gestuur het om vir eenduisend eksemplare te betaal. . . .
Die uwe,
J. W. J———.
Dit is duidelik dat die leser gemeen het dat die hoofstuk “Afsprake en hofmakery” op sigself die prys van die boek werd was. Ander hoofstukke sluit in “Het geslagsedelikheid sin?” en “Dwelmmiddels—Die sleutel tot ’n waarlik gelukkige lewe?” Kry ’n eksemplaar deur die koepon in te vul en te pos.