Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 8/15 bl. 3
  • Jy kies al klaar die lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy kies al klaar die lewe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om stres te beheer
    Ontwaak!—2010
  • Goeie stres, slegte stres
    Ontwaak!—1998
  • Stres—Wat dit aan ons doen
    Ontwaak!—2010
  • Hoe kan ek stres by die skool die hoof bied?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 8/15 bl. 3

Jy kies al klaar die lewe

WAAROM haal jy nou asem? Omdat jy wil lewe. Jy sal vandag water drink, omdat jy wil lewe. Jy sal vandag eet, omdat jy wil lewe. Dit is om dieselfde rede dat jy vannag gaan slaap, om jou energie te hernieu om môre te lewe. En wanneer jy wakker word, sal jy gaan werk, of jy nou van jou werk hou of nie. Jy sal gaan om geld te verdien vir lewensbenodigdhede.

Maar kyk ’n bietjie na die huidige lewe wat jy kies. Kyk na die rasseverdeeldheid wat party meerderwaardig laat voel en daartoe lei dat hulle ander, wat na hulle mening minderwaardig is, verdruk. Kyk na die onreg en geweld en selfs die oorloë wat ontstaan omdat mense verskillende velkleure het.

Kyk na die nasionalisme wat die volke van die aarde verdeel, die rewolusies wat nasies verskeur en vloedgolwe vlugtelinge veroorsaak, die strydende politieke partye wat dwarstrek en baklei, die verdorwenheid wat die mense beroof en die politici se sakke vul.

En moenie van gewilde gelowe se rol vergeet nie. Hulle verdeel mense, bemoei hulle met die politiek, stook dikwels oorlog en vervolg baie keer die ware aanbidders van Jehovah God. So baie “Christene”, so min Christelikheid!

Moenie by hierdie reusemislukkings op die wêreldtoneel ophou nie. Kyk na die krotbuurte in elke groot stad, die armoede, die smerigheid, die aaklige siektes, die wanhopige inwoners wat in donker huurkamers saamgedring is, wat in die winter verkluim en in die somer versmag. Gevaarlike strate, ongure buurte, dwelmverslawing, sielsieke-inrigtings vol tragiese slagoffers.

Dwarsoor die wêreld word die mensdom deur sedelike verval geteister. Net waar jy kyk, sien jy wanhoop op miljoene gesigte. Al hierdie dinge saam vorm ’n wêreld wye epidemie genaamd spanning. Dit is al die Twintigste-eeuse Doder genoem. ’n Verslag in The Wall Street Journal het gesê: “Kwaai of langdurige spanning kan die liggaam vatbaarder maak vir kwale wat wissel van veluitslag en verkoue tot hartaanvalle en kanker.” ’n Verslag in To the Point het gesê: “Die liggaamlike kwale wat [deur spanning] veroorsaak word, is nou jaarliks verantwoordelik vir ’n ontsaglike aantal hospitaalgevalle en sterftes—ten minste tienmiljoene.”

Hierdie huidige toename van spanning vervul ’n voorspelling van eeue gelede. Jesus het gesê dat daar “op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid” sou wees. Hy het toe bygevoeg: “Mense se harte [sal] beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.”—Luk. 21:25, 26.

Die volgende twee bladsye sal nadere besonderhede verstrek oor spesifieke aspekte van hierdie spanningsvolle lewe wat baie kies deur te eet, te slaap en te werk.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel