MEER AS 100 JAAR AL ’N BRON VAN HULP
Vanaf sy eerste oplaag van 6 000 het Die Wagtoring gegroei om die godsdienstydskrif met die grootste verspreiding ter wêreld te wees. Verlede jaar is meer as 200 miljoen eksemplare in 106 tale gedruk.
Die Nieu-Seelandse evangeliese blad “Challenge Weekly” het gesê: “Daar word nou elke twee weke 9 200 000 eksemplare van elke nommer gedruk, en dit word deur 2 200 000 Jehovahsgetuies van huis tot huis versprei . . .
“Dit is baie maklik om ander se werk en pogings te kritiseer. Maar hulle voorbeeld van toewyding—en gebruik van drukwerk—behoort vir elke toegewyde Christen ’n uitdaging te wees.”
Vind uit waarom Die Wagtoring so algemeen byval vind. Stuur net R3,60 om ’n jaar lank twee eksemplare per maand te ontvang. Jy kan inteken in enige van die 83 tale wat op bladsy twee gemeld word.