Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 8/1 bl. 31
  • “Sterwende vasteland”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Sterwende vasteland”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar kan ons eenheid vind in hierdie wêreld vol tweedrag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Valse godsdiens stuur op vernietiging af!
    Ontwaak!—1996
  • “My koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Die Katolieke Kerk in Afrika
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 8/1 bl. 31

“Sterwende vasteland”

“Ons antieke vasteland is nou op die randjie van ’n ramp, storm af op die afgrond van konfrontasie en is vasgevang in die greep van geweld”, sê Edem Kodjo, sekretaris-generaal van die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE). “Glimlagte en lewensvreugde is nie meer op sy somber gesig te sien nie. Bly daar absoluut niks meer oor nie behalwe verslegtende gesindhede, toenemende antagonisme en die gewelddadige toename van broedermoordbotsings nie?” Tydens ’n ekonomiese vergadering in Lagos, Nigerië, wat deur die OAE geborg is, het Kodjo Afrika ook beskryf as ’n “sterwende vasteland”.

Die Afrika-blad “To the Point” het gesê: “Sulke woorde openbaar die dwaasheid van Afrika se geëerde, vroeë nasionaliste . . . wat vir hulle mede-Afrikane gesê het om die politieke koninkryk te soek en dat alle ander dinge bygevoeg sou word.” In Afrika, sowel as ander vastelande en eilande, het pogings om onreg reg te stel bloot deur die politieke of rassestruktuur van die regering te verander, slegs bewys dat mense nie regeringsprobleme kan oplos nie, ongeag hoe goed hulle bedoelings ook al is.

Is dit nie verstandiger om te erken dat ‘die een mens tot sy ongeluk oor die ander heers’ en om ‘eers die koninkryk van God te soek’ as om eers die politieke koninkryk te soek nie? Slegs God se koninkryk kan die ewige lewe aan mense op alle vastelande gee.—Pred. 8:9; Matt. 6:33.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel