“Sterwende vasteland”
“Ons antieke vasteland is nou op die randjie van ’n ramp, storm af op die afgrond van konfrontasie en is vasgevang in die greep van geweld”, sê Edem Kodjo, sekretaris-generaal van die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE). “Glimlagte en lewensvreugde is nie meer op sy somber gesig te sien nie. Bly daar absoluut niks meer oor nie behalwe verslegtende gesindhede, toenemende antagonisme en die gewelddadige toename van broedermoordbotsings nie?” Tydens ’n ekonomiese vergadering in Lagos, Nigerië, wat deur die OAE geborg is, het Kodjo Afrika ook beskryf as ’n “sterwende vasteland”.
Die Afrika-blad “To the Point” het gesê: “Sulke woorde openbaar die dwaasheid van Afrika se geëerde, vroeë nasionaliste . . . wat vir hulle mede-Afrikane gesê het om die politieke koninkryk te soek en dat alle ander dinge bygevoeg sou word.” In Afrika, sowel as ander vastelande en eilande, het pogings om onreg reg te stel bloot deur die politieke of rassestruktuur van die regering te verander, slegs bewys dat mense nie regeringsprobleme kan oplos nie, ongeag hoe goed hulle bedoelings ook al is.
Is dit nie verstandiger om te erken dat ‘die een mens tot sy ongeluk oor die ander heers’ en om ‘eers die koninkryk van God te soek’ as om eers die politieke koninkryk te soek nie? Slegs God se koninkryk kan die ewige lewe aan mense op alle vastelande gee.—Pred. 8:9; Matt. 6:33.