DIT SAL JOU TOT NADENKE STEM
’n Ruk gelede is ’n kort briefie van ’n vrou in Des Moines, Iowa, ontvang. Sy het geskryf:
“’n Baie gawe dame het vandag by my deur aangeklop en vir my ’n boek met die titel ‘Die waarheid wat lei tot die ewige lewe’ gegee. Ek het dit so pas klaar gelees. Dit is die eerste keer in my lewe dat ek 190 bladsye van enigiets op een dag lees. Op 29 Junie 1967 het ek opgehou om aan God te glo. Vandag het ek weer begin dink.”