Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w81 5/1 bl. 11
  • Die vreugde van hulppionierdiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vreugde van hulppionierdiens
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Kan jy hulppionierdiens doen?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
w81 5/1 bl. 11

Die vreugde van hulppionierdiens

DIE apostel Paulus het die beginsel geuiter: “As die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.”—2 Kor. 8:12.

Hierdie beginsel kan toegepas word op die hoeveelheid tyd wat Christenpredikers aan hulle predikings- en onderrigtingswerk kan wy. Party, wie se omstandighede dit toelaat, dien as spesiale pioniers en wy 140 uur per maand aan die bediening. Ander kan 90 uur daaraan wy en dien dus as gewone pioniers. En vir diegene wat nie 90 uur per maand aan sulke heilige diens kan wy nie, maar wat steeds meer as die gewone Koninkryksverkondiger kan doen, is die voorsiening van hulppionierdiens gemaak, wat vereis dat ’n persoon 60 uur per maand aan die bediening moet wy. Dit is ’n verandering aan die vakansie- of tydelike pionierdiens, en dit word hoog op prys gestel, soos blyk uit die feit dat meer nou daaraan deelneem en seëninge ontvang.

Een Getuie in Barbados het geskryf: “In 1976 is ’n aankondiging by die ‘Heilige Diens’-streekbyeenkoms gemaak dat ’n nuwe vertakking van die predikingswerk beskikbaar was—die hulppionierdiens met die maandelikse doelwit van 60 uur. Ek was verheug, want ek het gemeen dat ek hierdie doelwit van Koninkryksdiens kon bereik. Die talle seëninge wat ek gedurende hierdie wonderlike jare ontvang het, het beslis die talle probleme waarmee ek te kampe gehad het, oorskadu.” Sy vertel dan hoedat sy ’n aangename tuis-Bybelstudie met ’n moeder en dogter begin hou het. Die twee woon reeds die vergaderinge by die Koninkryksaal by.

’n Vyftienjarige Getuie wat nog op skool is, vertel hoedat sy haar lentevakansie van twee weke gebruik het om hulppionierdiens te doen en sê: “Ek kan werklik die verskil sien; ek voer beter gesprekke. Ek het besondere resultate behaal, en ek kon baie meer gesprekke met mense by die deure voer.”

’n Ander Getuie skryf: “Ek wil graag my waardering uitspreek vir die hulppionierdiensreëling. As ’n huisvrou en moeder was ek in staat om hulppionierdiens te doen, en dit was vir my en my gesin geestelik opbouend.”

Dan is daar die 81-jarige hulppionier in Virginië. Gedurende agt maande van hierdie bedrywigheid kon hy meer as 4 200 tydskrifte versprei. Weens sy ouderdom laat die bestuurders van kettingwinkels hom toe om in hulle winkels op ’n stoel te sit en die tydskrifte aan te bied.

’n Broer in Kalifornië vertel hoedat hy sy sekulêre werk aangepas het om ’n maand lank ’n hulppionier te wees. Hy sê: “Ek kan amper ’n boek skryf oor die baie ondervindinge wat ek gehad het: 60 uur, 130 tydskrifte, 6 boeke, 6 herbesoeke, en een nuwe tuis-Bybelstudie. Al die eer kom my hemelse Vader toe omdat hy my, ’n 65-jarige man, toegelaat het om 40 uur per week te werk en 60 uur per maand aan die diens te wy!”

Die agtjarige dogter van ’n suster wat ’n pionier is, het besluit om ’n maand lank aan die vereistes vir ’n hulppionier te voldoen. Sy het 61 uur gewerk, 3 boeke, 7 boekies en 140 tydskrifte versprei, twee intekeninge verkry en een tuis-Bybelstudie begin. In ’n ander gemeente is jong Koninkryksverkondigers wat nog nie gedoop is nie, aangespoor om die uurdoelwit vir hulppioniers te bereik. Elf het probeer, en vyf van hulle het die kwota van 60 uur bereik, een het nog net vier uur nodig gehad, en die res het meer gedoen as wat hulle tydens die hele vorige jaar gedoen het. Drie nuwelinge het by hulle aangesluit in heilige diens en gaan met daardie diens voort. Die groep van 14 het altesaam 121 boeke en 264 tydskrifte versprei en gemiddeld elk 41 uur lank met ander oor God se koninkryk gesels.

’n Ander hulppionier het geskryf: “Ek werk nou van 11 nm. tot 7 vm. Dit beteken dat ek die hele dag vry het, benewens die tyd wat ek slaap. Ek het dus besluit om ’n paar keer hulppionierdiens te doen. Dit is nie maklik om die vereiste aantal ure vir ’n hulppionier te werk na agt ure van sekulêre werk nie, maar dit is ook nie te moeilik nie, mits ’n mens bereid is om opofferinge te maak. Hulppionierdiens het my gehelp om meer liefde vir die sterwende mensdom in my hart te verkry. Ek het geleer om natuurliker en aanpasbaarder te wees wanneer ek met mense gesels. Ek meen die een seën waaroor ek die blyste is, is dat Jehovah my gedurende die sewe maande wat ek ’n hulppionier was met 12 tuis-Bybelstudies geseën het.”

Dit ly geen twyfel dat diegene wat hulle sake reël om hulppioniers te wees talle seëninge geniet nie. Kan jy, as jy nie in die voltydse diens is nie—hoewel heelwat van die wat in Bethelhuise dien van tyd tot tyd hulppioniers is—hierdie voorreg geniet? Onthou, “wie volop saai, sal ook volop maai”.—2 Kor. 9:6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel