DIT VOORSIEN WERKLIK IN ’N BEHOEFTE!
ln sy rubriek “Biblioteeknuus” het “The Sun” ’n koerant van Grand Centre, Alberta, Kanada, gesê:
MY BOEK MET BYBELVERHALE
Die meeste ouers wil hê dat hulle kinders nie alleen moet lees nie, maar dit ook moet geniet, want hulle besef dat lees die sleutel tot kennis is. Die meeste wil ook hê dat hulle kinders iets van die Bybel en van God af moet weet.
Hierdie boek word uitgegee om hierdie doelwitte te bereik. Omdat dit in duidelike, bondige Engels geskryf is, sal die jong leser dit maklik verstaan. Maar dit sal vaders en moeders nie verveel wanneer hulle dit vir die kleuter lees nie. Elke verhaal is kort en geskryf om kommunikasie tussen ouer en kind te bevorder. Daar is ook pragtige prente om die Bybelverhaal uit te beeld.
Vir die ernstiger Bybelstudent is daar verwysings na die Bybel aan die einde van elke verhaal sodat hy hulle kan naslaan, indien hy wil. Aangesien die verhale in chronologiese volgorde aangebied word, het baie hierdie boek nuttig gevind om gebeure in die Bybel nie alleen met ander dele van die Bybel in verband te bring nie, maar ook met ander gebeurtenisse in die geskiedenis.
Die hele boek staan ’n goeie sedelike naam by en ’n goeie verhouding met God voor.
Sedert dit in 1978 vrygestel is, is meer as 13 miljoen eksemplare van hierdie boek met 256 bladsye in 35 tale, onder meer Afrikaans, gedruk. Ontvang jou eksemplaar posvry deur slegs R2,50 te stuur aan Wagtoring, Privaatsak 2, Elandsfontein, 1406.