Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 11/15 bl. 10
  • Jehovah—’n veilige vesting

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah—’n veilige vesting
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Van politieke aktivis tot neutrale Christen
    Ontwaak!—2002
  • Jehovah stort ryk seëninge uit op diegene wat sy weg hou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Jehovah het my in ’n woestyntronk onderskraag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Die hoofsaak vir my is om Jehovah te behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 11/15 bl. 10

Jehovah—’n veilige vesting

In ’n land in Suid-Amerika het ’n voormalige vakbondleier saam met Jehovah se Getuies gestudeer, Bybelwaarheid aanvaar en hom laat doop. Daardie selfde maand is hy op pad huis toe van sy werk af deur die militêre polisie voorgekeer en om sy identiteitsdokument gevra. Toe hy dit toon, is hy beveel om in ’n leërvragwa te klim. Hy het vir die bevelvoerder gevra of hy sy vrou kon verwittig, maar is meegedeel dat dit onmoontlik was. Daar is blykbaar vermoed dat hy ’n Kommunis is weens sy vorige verbintenis met die vakbond.

Hy is geblinddoek en na ’n doringdraadkamp geneem waar daar nagenoeg 100 manne was wat die owerheid ook gemeen het Kommuniste was, sowel as ’n paar verstokte misdadigers, onder meer een wat daarvan aangekla was dat hy ses manne vermoor het en ’n joernalis. Toe dit aand word, het dit koud geword, maar die manne is geen beddegoed gegee nie, sodat hulle opgekrul het en soos diere op die grond geslaap het. Vroeg die volgende oggend het een van die bevelvoerders hulle laat aantree en beveel om die volkslied te sing en die vlag te salueer. Die Getuie het geweier om albei te doen, en toe het die offisier die spot met hom gedryf.

Die gevangenes het elke dag een maaltyd op die middag gekry. Die ander het gesien dat die Getuie stil bid voordat hy eet, en hulle het met hom begin spot en hom selfs gehekel. Terwyl dit op die derde dag aan die gang was, het die moordenaar na hulle gekom en gesê: “Ek luister nou al drie dae lank na julle. Die volgende een wat iets slegs oor hierdie man sê, sal die sewende ou wees wat ek vermoor. Glo my, ek sal ’n manier kry om julle monde vir goed te snoer!” Daardie selfde dag het ’n ander man al die mans bymekaar geroep en die Getuie gevra om hulle voor te gaan in gebed, en die volgende dag het hulle hom gevra om voor die maaltyd te bid. Mettertyd het hy kans gekry om vir al die manne te getuig.

Elke middag is ’n aantal gevangenes vir ondervraging weggeneem. Hulle het party nooit weer gesien nie. Toe die joernalis terugkeer, was sy oë glaserig en het hy oënskynlik nie geweet waarheen hy geneem is nie. Intussen het die vrou van die Getuie tevergeefs probeer om uit te vind wat van haar man geword het.

Op die negende dag was dit die Getuie se beurt. Hy is geblinddoek en na die ondervragingsplek geneem waar hy sowat agt uur kwaai geslaan en ondervra is. In antwoord op hulle vrae het hy vir hulle van Jehovah en Christelike neutraliteit vertel.

Eindelik is hy meegedeel dat hy gehang gaan word. Daar is vir hom gevra of hy vir oulaas nog iets wou sê. Hy het vir hulle gevra om vir sy vrou te vertel wat met hom gebeur het. Hulle het toe vir hom gevra of hy nie bang was om so jonk te sterf nie. Hy het gesê: “lndien julle my ’n paar maande gelede aangekeer het, sou ek seker doodbang gewees het om te sterf. Maar die Bybel sê dat die dood soos ’n slaap is. En ek glo vas dat Jehovah die dode gaan opwek. Eendag sal u ook die dood in die gesig staar, Meneer.”

Toe het hulle hom na die galg gelei terwyl die Getuie tot Jehovah gebid het om hom te versterk sodat hy getrou kon bly en dat God vir sy vrou en kinders moes sorg. Hulle het die strop om sy nek gesit. Die bevel is gegee om die valluik oop te maak, maar hy het nie ver geval nie. Dit was ’n set. Daarna is hy en ’n paar ander geblinddoek, geboei en geneem na die plek waar hy nege dae tevore in hegtenis geneem is. Dit was ’n Sondag, en dus is hy reguit na die Koninkryksaal waar hy sy vrou en kinders gevind het. Dit was asof hy uit die dood opgestaan het.

Jehovah was voorwaar ’n “veilige vesting” vir hierdie pasgedoopte Getuie gedurende daardie dae van beproewing.—Ps. 144:1, 2, NAB.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel