Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 7/15 bl. 32
  • Gered van selfmoord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gered van selfmoord
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 7/15 bl. 32

Gered van selfmoord

’n Paar getuies van Jehovah het net opgehou preek in ’n dorpie in Duitsland toe ’n bejaarde man met ’n Bybel in die hand by hulle verby loop. Hulle het probeer om die “goeie nuus” met hom te deel, maar al wat hy herhaaldelik gesê het, was: ‘Ek wil alleen wees.’ Soos sake verloop het, het hy egter ’n uitnodiging aanvaar om by een van die Getuies te kom eet. Die volgende dag het ’n ander Getuie hierdie man by sy woonplek, ’n ouetehuis, besoek om die Skrif met hom te bespreek.

Gedurende daardie besoek het die man vir die besoeker gesê: “Julle het my lewe gered. Ek was gister op pad na my vrou se graf. . . . Ek was van plan om daar selfmoord te pleeg. Voordat ek julle gister teëgekom het, het ek vier uur lank doelloos in die woud rondgeloop. Ek het troos in my gesangeboek gesoek, maar kon dit nie daar vind nie. Julle het net op die regte tyd gekom en ek is God so dankbaar daarvoor.”

Mettertyd is daar ontdek dat bose geeste hierdie man aangepor het om selfmoord te pleeg. Maar ’n kennis van die Skrif het hom in staat gestel om met sulke invloed te breek (Ef. 6:11-18). En tot sy groot vertroosting het hy geleer dat “daar ’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges” (Hand. 24:15). Eerlank het hy homself aan Jehovah God toegewy en dit gesimboliseer deur op die ouderdom van 81 in water gedoop te word. Vriendelike woorde en dade, tesame met “bemoediging van die Skrifte”, het hierdie bejaarde man van selfmoord gered en het aanleiding gegee tot die bemoedigende vooruitsig op ewige lewe.—Rom. 6:23; 15:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel