Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 8/1 bl. 3-4
  • Wanneer jy NIE vir jouself goed moet wees nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer jy NIE vir jouself goed moet wees nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat dit beteken om ons naaste lief te hê
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Ons lewe nie langer vir onsself nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Waarom vir ander mense omgee?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 8/1 bl. 3-4

Wanneer jy NIE vir jouself goed moet wees nie

WIE probeer nie om homself goed te behandel nie? En wie waardeer nie die vriendelikheid van ander nie? Niemand het nog ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit. Kan ’n mens egter misplaaste goedheid aan jouself betoon? Ja, dit kan die geval wees indien ’n mens ’n kortsigtige beskouing in plaas van ’n versiende beskouing van sake het.

Beskou byvoorbeeld die gesette vrou wat aan suikersiekte ly. Dit is dwaas van haar om aan haar lus vir lekkers toe te gee. Deur tydelik vir haarself goed te wees, vererger sy sake op die lange duur. Dieselfde geld van die alkoholis. Omdat hy op kortsigtige wyse vir homself goed is, hou hy aan drink en verhaas hy die dag van afrekening.

Niemand anders as Jesus Christus het geweier om homself te laat beïnvloed om op kortsigtige wyse vir homself goed te wees nie. By een geleentheid het hy vir sy dissipels vertel wat op hom gewag het en vir hulle getoon “dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word”. Toe die apostel Petrus dit hoor, het hy “hom opsy geneem en begin om hom te bestraf en gesê: Wees goed vir uself, Here, dit sal u nooit oorkom nie! Maar hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter my, Satan! Jy is vir my ’n struikelblok, want jy bedink nie die gedagtes van God nie, maar die van die mense.”—Matt. 16:21-23, NW.

Jesus Christus het klaarblyklik baie sterk oor die saak gevoel. Anders sou hy nie so ’n nadruklike gebaar en sulke kras woorde gebruik het nie. Hy het ongetwyfeld besef dat Petrus hom hier voor die versoeking gestel het om die maklikste weg te volg, net soos die Duiwel self Jesus aan die begin van Jesus se bediening op ’n soortgelyke wyse versoek het.—Matt. 4:1-10.

Ja, ’n verligte gewete sal vir jou sê om matigheid voor oë te hou wat voedsel en drank betref wanneer jy aan tafel is. Of jy het dalk uit ondervinding geleer dat jy selfdissipline aan die dag moet lê waar dit by plesier of ontspanning kom sodat jy genoeg rus of slaap kan kry. Indien dit die geval is, sal jy wil hou by wat jy weet vir jou die beste is en jou nie deur welmenende vriende laat ompraat om die smal weg van wysheid en goeie oordeel te verlaat nie. Die wêreld het ’n gesegde: “Moet jou nie ooreis nie?” Maar ’n ware Vriend van die mensdom en die grootste Onderrigter wat nog ooit op aarde gelewe het, het net die teenoorgestelde gesê. Toe hy vir sy volgelinge raad gegee het, het hy vir hulle gesê: “Span al julle kragte in.”—Luk. 13:24, NAB.

Trouens, die lewe is leeg en sinloos sonder ’n doel wat die moeite werd is. En niks wat die moeite word is, word sonder ware dissipline en inspanning verkry nie. ’n Musiekleerling wat in ’n simfonie-orkes wil speel of ’n konsertmusikus wil word, moet streng met homself wees wanneer dit by oefening kom. Hy moet ure lank oefen, konsentreer, homself dissiplineer, homself baie genietinge ontsê indien hy sy doel wil bereik. Dieselfde geld tot ’n meerdere of mindere mate van enige professionele doelwit wat ’n mens aan jouself kan stel. Dissipline en inspanning is nodig indien ’n mens vaardigheid en meesterskap wil verkry.

Die toegewyde Christen moet veral daarteen waak dat hy te sag met homself werk wanneer hy homself moet dissiplineer. Hoe maklik is dit tog om ongure weer as verskoning te gebruik om weg te bly van vergaderinge van die Christengemeente of om nie deel te neem aan die werk om te preek en dissipels te maak nie! ’n TV-program verlok ’n mens dalk om die verpligtinge van die Christenbediening te verwaarloos. Gewilde tydskrifte of romans is moontlik so boeiend dat ’n mens jou geestelike behoeftes verwaarloos. Al sulke kortsigtige toegewings vir ’n mensself sal gewis op die lange duur nadelige gevolge hê. Die gesegde is baie raak: “Eers plig dan plesier.” Wag totdat plesier nie met plig bots nie.

Kan jy op ’n onverstandige wyse met jouself streng wees? Ja, indien jy jou daarop toelê om ryk te word, kan geldgierigheid jou aandryf om te werk, te sweet, te swoeg en te konkel. Dit kan jou wette laat oortree of kan ’n senuwee-ineenstorting veroorsaak. God se Woord toon duidelik dat jy jouself ’n ondiens bewys deur rykdom na te streef, want dit sê: “Die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.” Dit bring mee dat hulle “hulleself met baie smarte deurboor”. As ’n mens so ’n weg inslaan, bewys jy jouself, indien nie ook jou gesin nie, ’n ondiens.—1 Tim. 6:9, 10.

Die tweede groot gebod wat Jesus Christus gemeld het—“jy moet jou naaste liefhê soos jouself”—is hier ter sake. Ons moet onsself liefhê. Ons moet onsself goed behandel. Maar ons moet dit nie op ’n selfsugtige of onverstandige wyse doen nie. Liefde vir onsself word deur die eerste gebod gekwalifiseer, wat vereis dat ons God met ons hele hart, siel, verstand en krag moet liefhê. Gehoorsaamheid aan daardie gebod sal herhaaldelik beteken dat ons streng met onsself moet wees. En liefde vir onsself word ook gekwalifiseer deur die tweede gebod, om ons naaste soos onsself lief te hê (Mark. 12:29-31). Indien ons ons verpligtinge teenoor ons God en ons naaste in gedagte hou, sal ons kan bepaal wanneer ons vir onsself goed moet wees en wanneer nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel