Beplan nou om die “Goddelike Liefde”—Streekbyeenkoms by te woon
“DIE HERE [Jehovah] is God, en Hy het vir ons lig gegee”, het die psalmis gesê, en bygevoeg: “Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar. U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog. Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid [of, lojale liefde] is tot in ewigheid.”—Ps. 118:27-29.
In vervloë tye was die vreugdevolle feeste van God se volk voorwaar geestelik lonende tye. Dit was veral by hierdie byeenkomste dat godvrugtige persone Jehovah kon loof en hartgrondige dank vir sy grenslose lojale liefde kon betuig.
Nou kan jy tyd daaraan afstaan om met nut te peins oor Jehovah se talle goedertierenhede. Jy kan jou kennis van God se liefdevolle dade teenoor die mensdom verbreed. Jy kan ook jou waardering vir die weergalose God van liefde vergroot (1 Joh. 4:8). Hoe?
Deur teenwoordig te wees tydens al die leersame, geloofversterkende sessies van die “Goddelike Liefde”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies. Begin nou beplan om een van hierdie geestelike feeste by te woon. ’n Hele paar van hierdie vierdaagse byeenkomste is gereël vir die komende somermaande, soos die lys hieronder toon.
4-7 Desember: PRETORIA (Afrikaans, Engels, Grieks, Italiaans, Portugees). WINDHOEK (Hoofsaaklik Afrikaans).
11-14 Desember: KAAPSTAD (Afrikaans, Engels).
13-16 Desember: OOS-LONDEN (Afrikaans, Engels). PIETERMARITZBURG (Engels).