Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 7/1 bl. 32
  • “Uit die mond van kinders”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Uit die mond van kinders”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 7/1 bl. 32

“Uit die mond van kinders”

Wie is Jehovah?

Wie is Jesus dan?

Wat glo Jehovah se Getuies?

BY EEN geleentheid gedurende Jesus Christus se aardse bediening het seuns hom as “die Seun van Dawid” begroet. Dit het die Joodse owerpriesters en skrifgeleerdes baie mishaag. In antwoord op sy verontwaardigde teëstanders se vraag het Jesus gevra: “Het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?” (Matt. 21:15, 16; Ps. 8:3). Tot vandag toe loof baie jongmense Jehovah God en Jesus Christus. Hulle doen dit dikwels deur ’n Skriftuurlike getuienis by die skool te lewer.

IN DIE Nederlande is agtjarige Marina genooi om ’n informele toesprakie in die klas te hou. Die onderwyser het haar verlof gegee om oor Jehovah te praat. Omdat sy al die kinders wou betrek, het Marina ’n paar vrae vir die klas op die bord geskryf. Dit het vrae ingesluit soos “Wie is Jehovah?” “Wie is Jesus dan?” en “Wat glo Jehovah se Getuies?” Marina en Ritchie, die seun van ’n ander Getuie, het die beantwoord wat deur medeskoliere gestel vrae is.

MARINA het daardie dag oorgeloop van geesdrif toe sy by die huis opdaag. Na skool het sy en Ritchie ook al die ouers van hulle klasmaats besoek en sodoende 21 eksemplare van die boek “Luister na die Groot Onderwyser”, ’n Bybelstudiehulp wat spesiaal geskryf is sodat ouers dit saam met hulle jong kinders kan lees, versprei. Trouens, hierdie boek het hierdie lowers van Jehovah gehelp om self baie omtrent God se Woord en sy voornemens te leer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel