Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w82 7/15 bl. 7
  • Waarom op Jehovah vertrou in alles wat jy onderneem?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom op Jehovah vertrou in alles wat jy onderneem?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘As Jehovah die huis nie bou nie . . . ’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Die grootmaak van kinders in ’n permissiewe wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • ’n Man se werk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Groot gesinne verenig in God se diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
w82 7/15 bl. 7

Psalms

Waarom op Jehovah vertrou in alles wat jy onderneem?

NIKS wat strydig met God se wil is, kan slaag nie. Uit ’n menslike standpunt kan dit lyk of ’n sekere onderneming ’n rooskleurige toekoms het. Op die ou end is dit miskien ’n hopelose mislukking. Ons moet gevolglik sorg dat ons die Skepper in al ons bedrywigheid in aanmerking neem.

Psalm 127 herinner ons kragtig aan die belangrikheid hiervan. Ons lees: “As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!”—Psalm 127:1, 2.

’n Man bou dalk ’n huis. Maar daar is geen waarborg dat hy dit sal geniet nie. ’n Ontydige dood, ’n ramp of ’n ongeluk kan meebring dat hy hom tevergeefs vermoei het. ’n Stad word miskien goed bewaak en versterk. Dit kan nietemin tydens oorlogvoering of deur ’n aardbewing of ’n brand vernietig word. Mense staan miskien vroeg op en werk tot laat in die aand voordat hulle gaan sit om te rus en te eet. Hulle werk verskaf hulle nogtans geen genoegdoening nie. Omdat hulle uitgeput is weens hulle arbeid, geniet hulle dalk nie eens hulle kos nie. Die kneg van God verkry andersyds dit wat sulke manne deur middel van bitter arbeid verkry sonder ’n rustelose gejaag en geswoeg. Sy slaap of rus is in werklikheid ’n gawe van God.

Die psalmis het gevolglik dinge soos die veiligheid van ’n huis of ’n stad en die genieting van lewensbenodigdhede as goddelike seëninge beskou. Hy het ’n goeie gesin in dieselfde lig beskou en gesê: “Kyk, seuns is ’n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning. Soos pyle in die hand van ’n held, so is die seuns van die jeug. Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.”—Psalm 127:3-5.

’n Man wat seuns verwek het terwyl hy self nog sterk was en jeugdige krag gehad het, is tereg as geseënd beskou. Wanneer sy seuns grootgeword het, was hulle soos pyle in sy hand. Hulle kon hulle vader voor sy teenstanders in die gereg verdedig. Aangesien die ouere manne van die stad in die oop gebied naby die poorte geoordeel het, sou dit daar wees dat die seuns met die teenstanders in ’n regsaak spreek en ongegronde beskuldigings en valse getuienis die nekslag toedien.

Aangesien Jehovah se seën onontbeerlik is vir die welslae van enige onderneming, moet ons ons probeer gedra op ’n wyse wat hy goedkeur. Ons moet ons sake hanteer in die gees van die geïnspireerde woorde: “As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.”—Jakobus 4:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel